Cessna doen buiklanding by Eros
‘n Leerlingvlieënier is ongedeerd nadat hy vanoggend (Dinsdag) omstreeks 09:30 ‘n buiklanding met sy Cessna 210 by die Eros-lughawe moes uitvoer.
Volgens mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), het die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke (DAAI) dadelik die terrein veilig gemaak en met sy ondersoek na die voorval begin.
Die vliegtuig is later van die aanloopbaan verwyder. Geen noemenswaardige skade is aan die teerblad aangerig nie.
Dit is nie bekend wie die leerlingvlieënier is wat tans opleiding by die Windhoek Flight Training Centre ondergaan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie