Catch22 vir Opec ná val in olieprys
Vir die jaar tot dusver het die olieprys al met 14% geval – en dít op pryse wat histories reeds laag was.
Hanlie Stadler
Lande wat op hul inkomste uit olie staatmaak om hul boeke te laat klop, sit met 'n klassieke Catch22-situasie.
Hulle kan olieproduksie verder inperk in die hoop om pryse op te druk, maar dit gaan waarskynlik net die gaping vir private maatskappye in onder meer die VSA vergroot om markaandeel te wen deur produksie te verhoog.
Dié dilemma kom nadat die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opec) se poging om die olieprys op te druk die afgelope vyf maande klaaglik misluk het.
Die prys van Brent-ruolie het Vrydag vir die tweede dag in 'n ry onder US$50 per vat gesluit en die prys van West Texas Intermediate het Vrydag tot selfs onder US$45 per vat geval. Brent se prys van US$46,45 deur die loop van Vrydag, was die laagste in byna ses maande.
Opec, wat onder meer Saoedi-Arabië, Iran en Nigerië insluit, het in November verlede jaar met onder meer Rusland saamgespan om produksie te verlaag. Die hoop was dat dit oliepryse, wat in 2015 skerp begin val het, weer sou opdruk tot minstens US$60 per vat, verkieslik eerder US$70.
Die perke is van krag vir Januarie tot Junie vanjaar.
En vir 'n rukkie – van November tot begin Januarie – het selfs die vrees dat die olievoorraad op die wêreldmark gaan verminder, pryse opgedruk tot 'n hoogtepunt van net meer as US$60 per vat vir Brent-ruolie.
Skaliegas
Skaliegasprodusente in die VSA het egter die gaping raakgesien en hul produksie begin verhoog. Dit is nou die hoogste in byna twee jaar, volgens die Internasionale Energie-agentskap (IEA).
Vir die jaar tot dusver het die olieprys al met 14% geval – en dít op pryse wat histories reeds laag was. Op die hoogtepunt in 2013 sou 'n vat Brent-ruolie jou byna US$120 per vat gekos het.
Die daling in die olieprys word aan 'n enorme hoeveelheid opgebergde olie wêreldwyd toegeskryf, voorraad wat opgebou is terwyl die wêreldekonomie baie traag gegroei het en brandstofverbruik dus nie so vinnig as produksie gestyg het nie.
Opec oorweeg dit nou om die ooreenkoms ná Junie te verleng. Iran se minister van olie, Bijan Namdar Zanganeh, het Saterdag in Teheran gesê hy sal dié besluit steun. Iran is die derde grootste Opec-produsent; Saoedi-Arabië is eeste en Irak tweede.
Rusland se energieminister, Alexander Nowak, het ook tentatief aangedui dat hulle 'n verlenging van die produksieperke sal steun.
Opec vergader weer op 25 Mei in Wene, Oostenryk.
Keuse
Volgens Citigroup het Opec nie veel van 'n keuse as om sy perke te verleng nie. As die perke laat vaar word, kan die olieprys tot onder US$40 per vat val.
UBS se siening is dat strenger perke die olieprys te veel te vinnig sal opdruk en nog olie op die vuur sal wees vir Amerikaanse skaliegasprodusente.
Op die oomblik het lande wat die ooreenkoms onderteken het, ingestem om hul produksie met 1,2 miljoen vate per dag te verminder.
Die IEA voorspel dat die wêreldooraanbod van olie in die tweede helfte van die jaar sal begin verminder indien Opec sy perke volhou. Tot dusver was dit nie juis suksesvol nie – inteendeel, daar is aanduidings dat die wêreldvoorraad gestyg het.
– Netwerk24/Bloomberg/MarketWatch

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie