Caster gebroke, Wêreldatletiek glimlag breed
Atletiek
Wim Pretorius – Caster Semenya hou vol dat sy nie van medikasie gebruik sal maak sodat sy vorentoe steeds aan die 800 of 1 500 meter kan deelneem nie.
Die Suid-Afrikaner en Olimpiese kampioen het Dinsdag haar appèlsaak in die Switserse federale hooggeregshof teen die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) se beslissing verloor, waarvolgens Wêreldatletiek kan voortgaan om sy omstrede regulasies vir vroueatlete met natuurlike hoë testosteroonvlakke te implementeer.
“Ek is teleurgesteld in dié beslissing, maar ek weier dat Wêreldatletiek my bedwelm of weerhou daarvan om te wees wie ek is,” sê Semenya in ’n verklaring.
“Om vroueatlete uit te laat of ons gesondheid suiwer op grond van ons natuurlike vaardighede in gedrang te bring plaas Wêreldatletiek aan die verkeerde kant van die geskiedenis.”
Semenya sê sy haar veldtog teen dié regulasies is nog nie klaar nie, al gaan dit moeilik wees om dit nou om te keer.
“Ek sal aanhou veg vir die menseregte van vroueatlete, op die baan sowel as van die baan af totdat ons almal vrylik kan deelneem soos ons gebore is. Ek weet wat is reg en sal alles moontlik doen om die basiese menseregte van jong meisies oral te beskerm.”
Volgens die regulasies mag vroueatlete met natuurlike hoë testosteroonvlakke (DSD-atlete) nie aan die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m of die myl deelneem tensy hulle medikasie gebruik om hul vlakke tot minstens 5 nmol/L te verlaag nie.
Die verklaring sê verder Semenya oorweeg tans haar opsies en dat die Internasionale Mediese Vereniging ’n beroep gedoen het op dokters wêreldwyd om nie aan Wêreldatletiek se regulasies gehoor te gee nie.
WêRELDLIGGAAM TEVREDE
• Hierteenoor het Wêreldatletiek Dinsdagaand die Switserse hof se beslissing met ope arms verwelkom.
“Wêreldatletiek (voorheen die IAAF) het oor die afgelope vyf jaar hard baklei vir gelyke regte en om vandag en in die toekoms die regte en geleenthede van alle vroue en meisies in ons sport te beskerm,” het die moederliggaam gesê.
“Daarom verwelkom ons vandag se beslissing deur die Switserse federale hooggeregshof om met die DSD-regulasies as ’n erkende en proporsionele wyse te volhard, en sodoende die regte van alle vroueatlete wat aan ons sport deelneem op ’n regverdige grondslag te beskerm.”
Wêreldatletiek sê verder hy bly toegewyd daaraan om vroue aan te moedig om aan atletiek deel te neem, hetsy as beroepsatlete, jong meisies wat nog sportvaardighede moet ontwikkel en ook as administrateurs en beamptes.
Hy sê hy steun steeds elke individu se persoonlike waardigheid asook sosiale bewegings wat daarop gemik is om aanvaarding in die samelewing vir almal, ongeag hul geslagsidentiteit, aan te moedig.
“Soos wat die Switserse federale hooggeregshof erken het, is die DSD-regulasies egter nie daar om individue se geslagsidentiteit aan te val nie, maar eerder om regverdige mededinging in vroue-atletiek te beskerm.
“Die Switserse hof het ook daarop gewys dat aangebore eienskappe regverdige mededinging kan skeeftrek en dat verskeie kategorieë (soos ’n gewigskategorieë) in sekere sporte geskep is. Dié kategorieë is op biometriese data gegrond.
“Die hof het ook bevestig ‘dit hang bowenal af van sportfederasies om te bepaal in watter mate sekere fisieke voordele mededinging kan skeeftre, en om, waar nodig, wettige geskiktheidsreëls in te stel om die situasie reg te stel’,” het Wêreldatletiek bygevoeg.
Die Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het in April 2019 beslis dat Wêreldatletiek sy nuwe regulasies mag toepas en onder meer gesê daar is sommige gevalle in sport waar biologiese eienskappe die bepalende faktor moet wees wat deelname betref en nie die wettige geslag of geslagsidentiteit waarmee ’n persoon identifiseer nie.
“Wêreldatletiek ontken bewerings dat hy inbreuk maak op atlete se menseregte, asook hul reg op waardigheid en die reg op liggaamlike integriteit,” het hy bygevoeg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie