Capricorn sorg vir fees in Kersgety
Jo-Maré Duddy – Beleggers in Capricorn Investment Group het verlede week ook iets onder die Kersboom gekry met dié groep se sluitingsprys wat met 14c per aandeel teenoor dié van die vorige week op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gestyg het.
Capricorn het Vrydag op N$16,99 per aandeel geëindig, 0,8% stewiger as die vorige week. Dié sprong het gesorg dat Capricorn verlede week die wenner op die plaaslike indeks was.
Die enigste ander maatskappy op die plaaslike indeks wat met ‘n hoër sluitingsprys kon spog, was Namibia Breweries Ltd. NamBrew se sluitingsprys was N$27,89 per aandeel, 1c stuk of bykans 0,04% hoër as die vorige Vrydag.
FNB Namibia Holdings se aandeelprys het in die week onder oorsig teruggesak. Dié groep het Vrydag op N$47,82 per aandeel gesluit, 6c stuk of 0,1% laer as die vorige week.
Meer as N$6,35 miljoen se aandele het verlede week in totaal op die plaaslike indeks van hande verwissel, beduidend meer as die vorige week se totale verhandeling van sowat N$1,9 miljoen.
Geldgewys het Capricorn die bedrywigste week agter die rug met meer as N$4,3 miljoen se transaksies wat in totaal beklink is. FNB Namibia met sowat N$1,015 miljoen was die naasbesigste, gevolg deur NamBrew met net meer as N$1 miljoen.
Altesaam N$3 809 van Oryx Properties Ltd se aandele is ook van die hand gesit. Dié eiendomsgroep het Vrydag op N$21,16 per aandeel gesluit, dieselfde as die vorige week.
Die plaaslike indeks het verlede week met 0,36% teenoor die vorige week verstewig en op 546,11 punte gesluit. Die hoogste vlak wat die plaaslike indeks tot dusver vanjaar bereik het, was 556,15 punte, terwyl 494,32 die laagste was.
Op die algehele indeks van die NSX is sowat N$38,7 miljoen verlede week in totaal verhandel vergeleke met nagenoeg N$75,7 miljoen die vorige week. Dié indeks het Vrydag op 1 057,46 punte gesluit, 0,05% hoër as die vorige een. Die JSE se indeks van alle aandele, daarenteen, het met 0,59% verswak.
Die hoogste kerf wat die algehele indeks van NSX vanjaar behaal het, was 1 104,34 punte, terwyl die laagste vlak 771,41 was.
Trustco Group Holdings was die weekwenner op die algehele indeks. Dié Namibiese groep het Vrydag op N$3,90 per aandeel gesluit, ‘n styging van 73c per aandeel of 23% teenoor die vorige week.
PSG Konsult Ltd was die week se grootste verloorder met ‘n sluitingsprys wat N$1,13 stuk of 13,3% laer as dié van die vorige week was. PSG het Vrydag op N$7,37 per aandeel geëindig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie