Capricorn oorleef ekonomiese aanslag

Capricorn se verkrygings in Botswana en Zambië het vir interessante syfers in die groep se jongste jaarresultate gesorg.
Jo-Maré Duddy
Jo-Maré Duddy – Plaaslike ontleders het Vrydag deur die bank gesê Capricorn Investment Group (CGP) se finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Junie 2017 het nie aan hul verwagtinge voldoen nie.

Weens die resessie en die gepaardgaande likiditeitsdruk, duurder finansieringskoste en trae kredietgroei aan die private sektor se impak op die bankwese in die algemeen, is geen vuurwerke verwag nie. Tog was teleurstelling in die groei van skaars 1,4% in Capricorn se 2017-wins teenoor verlede jaar duidelik in ontleders se kitsindrukke.

Simonis Storm (SS) het die kwaaiste reageer deur sy teikenprys vir Capricorn – wat op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer is – dadelik te verlaag. Dié ontleders se teikenprys is nou N$16,20 per aandeel, 30c stuk minder as voorheen. Hul aanbeveling vir CGP is steeds “verkoop”.

IJG Securities het hul aanbeveling op “hou” gelaat en gesê die teikenprys sal hersien word sodra hul noukeurige ontleding van Capricorn se jongste resultate gedoen is. IJG se teikenprys tans is N$18,29 per aandeel. PSG Namibia se teikenprys sal ook ná ‘n volledige ontleding aangepas word.

“Beleggers sal ietwat teleurgesteld in CGP se resultate wees, maar gegewe die moeilike ekonomiese toestande, nie verras nie,” sê Eloise du Plessis, analis en ekwiteitstrateeg van PSG Namibia.

Genormaliseerde syfers

Thinus Prinsloo, besturende direkteur van Capricorn Group, sê die Namibiese ekonomie het een van sy grootste uitdagings sedert onafhanklikwording beleef.

Ekonomiese groei het van 3,3% in die vorige boekjaar tot -1,8% tydens die eerste drie kwartale van die groep se afgelope finansiële jaar getuimel. Dit het groeimoontlikhede van plaaslike banke belemmer en hul winste “onder geweldige druk” geplaas, sê Prinsloo.

Capricorn het nietemin ‘n “stewige vertoning” gelewer, meen hy. Op ‘n genormaliseerde grondslag was die groep se bedryfswins voor belasting in 2017 sowat 4% hoër as dié van die vorige boekjaar, vergeleke met die 2% wat in die finansiële state aangedui word.

Die genormaliseerde syfers sluit die eenmalige inkomste uit kwanza-verhandeling in die 2016-boekjaar uit, asook die winste van Capricorn Investments Holdings (Botswana) en Cavmont Capital Holdings Zambia Plc. Volgens Dylan van Wyk, analis van IJG, is die groep se resultate vir normale transaksies genormaliseer sodat dit beter vergelykbaar is. Wins ná belasting op ‘n genormaliseerde grondslag het met 2,7% gegroei.

SS se span, onder aanvoering van direkteur Purvance Heuer, sê die verkryging van Bank Gaborone en Cavmont Capital van Capricorn Investments Holdings het tot groei van 13% in nie-rente-inkomste gelei. Genormaliseerde groei is egter net 3,3%. “Vanweë die moeilike en mededingende omgewing in beide Botswana en Zambië verwag ons nie dié verkrygings gaan in die toekoms beduidend bydra nie,” sê SS.

Du Plessis sê laer as verwagte nie-rente-inkomste en hoër bedryfskoste was die vernaamste redes dat Capricorn se verdienste per aandeel met -0,4% teenoor die vorige boekjaar gegroei het. PSG het groei van 6,6% verwag.

Die Botswana- en Zambiese verkrygings was die hoofredes vir ‘n hoër as verwagte koste-tot-inkomsteverhouding van 53,9%, sê PSG en SS. Volgens SS sal dié verhouding onder meer vanweë voortgesette kostedruk van die verkrygde filiale bly toeneem.

Word die twee verkrygings buite rekening gelaat, het Capricorn se leningsboek met 7,2% gegroei teenoor 12,6% die vorige boekjaar, sê Du Plessis. SS sê hy “hou” van dié groei gegewe die resessie, regeringsbesnoeiing en trae kredietgroei van 8,5% aan die private sektor tans.

IJG wys daarop dat Bank Gaborone en Cavmont Bank nou 12,2% en 2,5% onderskeidelik van CGP se leningsboek uitmaak.

Swak lenings

SS sê volgens CGP-bestuur het die groep se leningsboek in Namibië hoofsaaklik vanweë oortrokke rekeninge gegroei.

Volgens SS sal dit waarskynlik tot hoër wanpresterende lenings (NPL’s) in die toekoms lei. Dié ontleders wonder ook hoekom NPL’s in die lig van die swak ekonomie in die afgelope boekjaar nie “aansienlik” toegeneem het nie.

IJG sê die konsolidering van Capricorn se bedrywighede in Botswana en Zambië het NPL’s “skerp” tot sowat 2,2% van die groep se totale portefeulje laat styg. Bank Windhoek se NPL-verhouding het egter “stabiel” gebly en van 1,32% tot 1,44% gestyg.

Die groep se waardedalingskoste in sy afgelope boekjaar is 4,6% laer. Du Plessis skryf dit toe aan Bank Windhoek se “sterk kredietprofiel” vergeleke met ander banke. Op ‘n genormaliseerde grondslag het waardedalingskoste met 23,4% tot N$46,6 miljoen of 0,17% van lenings geval, sê IJG.

CGP het Vrydag op N$18,00 per aandeel op die NSX gesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A