Capricorn lewer stewige vertoning ondanks ekonomie
Capricorn Group, waarvan Bank Windhoek deel is, moes in sy boekjaar tot einde Junie 2017 met ‘n veel kleiner winsgroei as vorige jare tevrede wees.
Dié plaaslik genoteerde groep se jongste finansiële resultate wat vanmiddag op die Namibiese aandelebeurs (NSX) vrygestel is, toon ‘n wins van sowat N$917,6 miljoen. Dit is bykans 1,4% hoër as Capricorn se 2016-boekjaar.
Capricorn sê die Namibiese ekonomie het in die oorsigtydperk een van sy grootste uitdagings sedert onafhanklikwording beleef. Die bruto binnelandse produk (BBP) het met 3,3% tydens Capricorn se vorige boekjaar gegroei. Daarenteen het dit in die eerste drie kwartale van die groep se huidige finansiële jaar met 1,8% ingekrimp.
Ondanks dié uitdagings het Capricorn ‘n stewige vertoning gelewer, sê die groep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie