Capitec: Ons is nou klaar gepraat oor Viceroy
Ons is klaar gepraat en basta!
In ’n Sens-verklaring van meer as 5 000 woorde wat Donderdagmiddag ná die sluiting van die mark uitgereik is, speel Capitec klaar met alle bewerings wat Viceroy Research ’n week gelede in sy “navorsingsverslag” oor die bank uitgereik het.
“Ons glo met hierdie finale Sens-aankondiging het ons in besonderhede op alle kommer en bewerings geantwoord wat oor Capitec geopper is.”
Capitec is egter oortuig dat Viceroy nog nie sý laaste woord gespreek het nie: “Ons glo daar sal verdere aanvalle van Viceroy wees in ’n poging om sy vals aantygings te staaf.”
Die bank waarsku aandeelhouers om omsigtig op sulke verslae te reageer.
Die Sens-verklaring herhaal Viceroy se aantygings en gee Capitec se weerleggings. Die bank het, anders as Steinhoff onder dieselfde omstandighede, baie vinnig gereageer nadat die verslag op Dinsdag 30 Januarie omstreeks 10:00 uitgereik is.
Die bank beklemtoon kortliks:
•Capitec se lenings word nie wanvoorgestel as nuwe lenings nie;
•Geen aanvangsgelde word op herskeduleerde lenings gehef nie; en
•Geen nuwe lenings word toegestaan aan kliënte wat agterstallig is met hul bestaande Capitec-lenings nie.
Capitec kap Viceroy weens “doelbewuste opruiende en beledigende” woordkeuses soos om na Capitec en ander mikrofinansiers te verwys as ’n “geldskieters” (loan sharks) en “roofsugtige finansiers” en na kliënte as “slagoffers”.
Capitec sê dis loutere twak dat sy direksie “grootliks, wat geen verrassing is nie” uit PSG- en Steinhoff-mense bestaan. Daar is géén Steinhoff-bestuurslid of -direkteur op Capitec se direksie nie.
Piet Mouton, uitvoerende hoof van PSG, is die enigste PSG-bestuurslid op Capitec se direksie, en die enigste ander gedeelde nie-uitvoerende direkteur is Chris Otto.
“Markus Jooste het van 2011-’12 op Capitec se direksie gedien, waarna hy uitgetree het ná wedersydse instemming weens ’n moontlike belangebotsing toe Steinhoff die finansiëledienstebedryf betree het toe hy JD Group gekoop het.
“Daar is géén sakeverwantskap tussen die bestuur van Capitec en Steinhoff nie.”
Jooste is die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff wat in Desember bedank het toe rekeningkundige onreëlmatighede by die maatskappy ontdek is.
Die Sens-verklaring kap ook die Viceroy-bewering dat direkteure en bestuurslui aandele teen ’n “duiselingwekkende spoed” verkoop.
“Direkteure en bestuurslui verkoop van tyd tot tyd aandele om hul beleggingsportefeuljes te diversifiseer. Stigtersdirekteure van Capitec, waaronder Riaan Stassen (nie-uitvoerende voorsitter), Michiel le Roux (nie-uitvoerende direkteur en vorige voorsitter), Gerrie Fourie (uitvoerende hoof) en André du Plessis (finansiële hoof) hou egter almal nog beduidende belange in Capitec. Hul gekombineerde belang beloop vandag 13% van Capitec se aandelekapitaal.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie