CAN by wêreldberaad oor kanker

Vaardighede opgeskerp

14 October 2019 | Gesondheid
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, woon van 15 tot 17 Oktober vanjaar se wêreldberaad vir kankerleiers in Nur-Sultan in Kazakstan by.

Dit spruit voort uit CAN se belangstelling in die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC) se Behandeling vir almal-inisiatief.

Die vereniging is ná ’n onderhoud as Global Cancer Country Champion vir 2019 aangewys.

Die program wil gesondheidswerkers, beleidskrywers en nieregeringsorganisasies (NGO’s) toerus om beter op kankervoorkoming en -sorg te fokus.

Universele gesondheidsdekking en hoe kankersorg deur die wêreldbeweging geraak word, sal ook bespreek word.

Uit die meer as 100 wêreld- kankerverenigings wat op die kortlys was en waarmee onderhoude gevoer is, is CAN een van 16 suksesvolle verenigings uit elke wêreldstreek wat daaraan toegewy is om regerings by die stryd teen kanker te betrek.

Dít sodat regerings beter toegang tot kankerdienste kan verseker en op sleutelareas soos inligting, vroeë opsporing, behandeling en ondersteunende en sorg kan fokus.

Deur middel van verskeie hulpmiddels en ’n aanlyn kursus het die verskeie kampioenlande sedert Maart saamgewerk om ’n doeltreffende veldtog vir behandeling vir almal te beplan, wat voor die aanvang van die Kazakstan-beraad ingedien is.

Die dokument sal beskikbaar wees vir ander organisasies en spanne van ministeries van gesondheid om wêreldwyd as hulpmiddel te dien om hul eie gesondheidstelsels te versterk.

Gebaseer op die behoeftes wat deur die deelnemende lande en organisasies geïdentifiseer is, sal verdere ondersteuning gebied word om vaardighede in die bou van vennootskappe, kommunikasie, fondsinsameling en monitering te verskaf.

“Ek voel geëerd en oorweldig dat die wêreldgemeenskap ons gesamentlike pogings raaksien en dat ons deur hierdie ervaring in ons eie gemeenskap kan terugploeg om ons mense te help,” het Hansen gesê.

Sy reis word deur die internasionale organisasie gedek.

CAN het hul dank teenoor die UICC en skenkers uitgespreek.

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

1 minuut gelede | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...