Calle verduidelik sy N$8 miljoen
Estelle de Bruyn - Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het die eerste kabinetslid geword om die voorbeeld van pres. Hage Geingob te volg en sy bates van bykans N$8 miljoen in die openbaar te verklaar.
Ter verduideliking van die stap, het Schlettwein gister op ’n nuuskonferensie gesê hy is van mening dat, as bewaarder van die staat se finansies, dit vir hom belangrik is om sy persoonlike bates bekend te maak. Hy het dit vrywilliglik gedoen aangesien hy glo deursigtigheid en aanspreeklikheid is noodsaaklik vir goeie staatsbestuur en vir die ontwikkeling van die land.
Hy sê dit is nie net belangrik om te sê oor watter bates ’n mens beskik nie, maar hoe dit bekom is.
“Die president het ’n voorbeeld gestel en nou volg ek in sy voetspore. Die bekendmaking van my bates is ook ’n manier om my te beskerm teen enige spekulasie oor wat ek besit,” het hy gesê.
’n Geoktrooieerde rekenmeester, mnr. Arné Stier, het Schlettwein se bates nagegaan om te bevestig dat dit wat Schlettwein verklaar, inderdaad reg is.
Schlettwein het in ’n kort oorsig oor sy lewe vertel dat hy in 1980, ná voltooiing van sy meestersgraad in die wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, as navorser by die destydse department van waterwese op Katima Mulilo begin werk het. Sy eerste salaris was R680. Hy was reeds getroud en die egpaar het twee kinders gehad. Behuising was gratis, maar hulle moes self vir water en elektrisiteit betaal. As staatsamptenaar het hy ook ’n mediese- en pensioenfonds gehad.
In 1984 het hy ’n huis in Windhoek teen R75 000 gekoop. Dit is dieselfde huis waar sy gesig vandag nog woon. Hy het die huis deur ’n gewaarborgde huisleningskema van die staat gekoop en sy ouers het R10 000 vir die koop bygedra.
In 1985 is hy na Windhoek verplaas en het die gesin Schlettwein in die huis ingetrek. Die egpaar het twee voertuie, ’n 1970-model Mercedes Benz 220D en ’n 1970-model Ford-bakkie, gehad. Die sedan het hy by sy ouers oorgeneem en die bakkie het hy vir R2 000 op ’n veiling gekoop.
Nadat die gesin na Windhoek verhuis het, is die egpaar se twee dogters by die Deutsche Höhere Privatschule ingeskryf, waar hulle gelukkig was om vir die eerste twee of drie jaar afslag op hul skoolfooie te kry.
In 1985 en 1989 is hy onderskeidelik tot senior- en hoofnavorser bevorder met gepaardgaande salarisverhogings.
In 1990 is Schlettwein as die eerste permanente sekretaris van landbou, visserye, water en landelike ontwikkeling aangestel met ’n hernubare kontrak vir vyf jaar.
Die familie het met nog twee kinders aangegroei en dit het die uitbreiding van die huis vereis waarvoor ’n bedrag van N$120 000 betaal is.
Schlettwein se diensvoorwaardes het voorsiening gemaak vir ’n motortoelaag, wat hom in staat gestel het om elke vier jaar ’n nuwe voertuig te koop. Om die transaksies meer te maak, het hy die opbrengs uit die verkoop van een motor gebruik om die paaiemente van die volgende een te verminder.
Sy pensioenvoordele het ook verbeter en vir elke vyf jaar se voltooide diens, het hy twee en ’n half jaar se pensioen bykomend bygekry.
Schlettwein het tot 2010 in verskeie ministeries as permanente sekretaris gewerk totdat hy deur pres. Hifikepunye Pohamba as adjunkminister van finansies aangestel is. In 2012 is hy bevorder tot minister van handel en nywerheid.
Die vier Schlettwein-dogters het ná voltooiing van hul hoërskoolopleiding verder gaan studeer en tersiêre kwalifikasies verwerf. Hul studies is deur Schlettwein deur regstreekse betalings, lenings en beurse gefinansier.
As afgetrede staatsampenaar het hy benewens ’n maandelikse pensioen ook ’n salaris as minister ontvang. Sy pensioenvoordele het ’n eenmalige betaling van N$1,5 miljoen-bonus behels waarvan ’n derde belastingvry was, asook ’n maandelikse pensioen wat ná aftrekking N$12 000 beloop. Die pensioen is gegrond op 30 jaar diens in die staatsdiens plus bykomende jare as permanente sekretaris.
Met die N$1,5 miljoen-bonus het Schlettwein ’n woonstel op Swakopmund aangeskaf. Meer onlangs het hy met opknappings aan sy huis in Windhoek begin en ook die bou van ’n losstaande motorhuis.
Met die bekendmaking van sy bates het Stier gesê Schlettwein se bates bestaan uit eiendom, voertuie, huishoudelike goedere, beleggings by FNB Namibia en Sanlam. Sy totale skuld op ’n huislening is N$119 964 en sy bates is saam N$7 839 970 werd.
Hy het daarop gewys dat hy geen private besighede het nie, omdat hy besluit het om sy volle aandag aan sy werk, eers as staatsamptenaar, daarna as permanente sekretaris en later as adjunkminister en minister te wy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie