Calle lê begroting van N$65 miljard ter tafel
Ronelle Rademeyer - Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het vanmiddag ‘n begroting van N$65 miljard in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Dit is 2,3% minder as die hersieningsbegroting van 2017-2018.
Die ontwikkelingsbegroting verhoog van N$5,6 miljard in die vorige boekjaar tot N$7,3 miljard in 2018-2019. Dit verteenwoordig ‘n verhoging van 30%.
Daarbenewens krimp die operasionele begroting van N$55,4 miljard in 2017-2018, tot N$51,2 miljard in die nuwe finansiële jaar.
Schlettwein het voorts gesê daar word vir ‘n begrotingstekort van 4,5% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) voorsiening gemaak. Dit is 0,9% minder as verlede jaar se 5,4%.
Die regering se totale skuldlas sal 45,8%, of N$84,6 miljard, van die BBP beloop.
Die grootste begrotingstoedeling gaan na die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur en beloop N$13,5 miljard.
Gesondheid en maatskaplike dienste kry met N$6,5 miljard die tweede grootste toedeling.
Derde in die ry is verdediging met N$5,9 miljard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie