Byna tyd vir jaarlikse oesfees
Die Grootfontein Boerevereniging bied sy jaarlikse oesfees op Saterdag 16 Augustus op oeskoning Andre Compion se plaas Ghaub op die Tierkloof-pad aan.
Compion het nie net vir die tweede keer die hoogste oesskatting in die Grootfontein Boerevereniging behaal nie, maar is ook vanjaar as meester-akkerbouer vereer.
Die fees belowe vanjaar heelwat om na uit te sien, soos ? uitstalling van ou trekkers, die kies van Mej. Oesfees, ? vertoning deur Sara Theron en Tiaan van Kokkedore-faam, lekker kos, ? motiveringstoespraak deur dr. Theo de Jager, die visepresident van Agri SA en die orkes Just Jack saam met wie daar lekker gedans kan word. Vanjaar gaan spesiale voorsorg vir die koue getref word, asook vir ? plek met minder geraas waar mense net kan kuier en gesels.
Die dag se verrigtinge begin om 10:00 met ? demonstrasie deur John Deere en Tiaan se kookdemonstrasie. Daar sal ook .22-, boog- en kettie-skiet aangebied word en mnr. Wessel Hicks sal ? praatjie oor grondboonverbouing en -bemarking lewer.
Versnaperinge sal deur die dag verkoop word en in die namiddag word koek en koffie bedien. Teen die aand word biefstuk gebraai en ? kontantkroeg sal sorg dat die kele nie hoef droog te bly nie.
Trekkers ouer as 40 jaar wat nog in 'n goeie en werkende toestand is, kan by die fees kom vertoon word. Belangstellendes kan mnr. Willem Enslin by 081 230 5078 of JR Otto by 081 303 6131 skakel om aan te meld.
Die kinders kan uitsien na hul eie program, wat onder meer ritte op ? trekker met sleepwaens insluit.
Daar word ook op die dag ? fietspretrit van Kombat Gholfklub na Ghaub gehou. Deelnemers aan die lang roete (25 tot 30 km) spring om 08:00 weg en dié aan die korter roete (15 tot 20km) om 09:00 by die Tierkloof plaasgrens. By die eindpunt sal stortgeriewe, kos en koeldrank te koop wees en ryers kan die dag verder saam met die feesgangers geniet.
Navrae: Judith of Billy Helwieg by 081 345 1285/6.
Ondernemings en diensverskaffers word uitgenooi om hul produkte of dienste op die dag gratis by stalletjies te kom bekendstel.
Toegangs- en etekaartjies vir besoekers kos N$100 vir volwassenes en N$50 vir skoolgaande kinders. Dit sluit die bywoon van al die oesfees-verrigtinge in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie