Byna 100 studente vir voedselvergiftiging behandel
Egipte
Egipte se gesondheidsministerie sê 98 studente in die Nyl-delta noord van Kaïro is vir voedselvergiftiging behandel in die tweede voorval vandeesmaand van vermeende massavergiftiging wat deur die regering se voorsiene middagetes veroorsaak is.
Hanaa Sorour, ‘n werkgewer van die ministerie in die delta, sê die studente is sedertdien uit die hospitaal ontslaan. Die ministerie ontleed nou voedselmonsters om vas te stel wat die oorsaak was.
Meer as 2 200 studente het verlede week soortgelyke simptome gehad nadat hulle middagetes in die suidelike provinsie Sohag geëet het.
Die regering het in 2015 ‘n program bekend gestel om middagetes aan staatskole te voorsien. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie