Nuwe bek-en-klouseer-stam in Zambezi
Shifeta deel statistiek met parlement
Ronelle Rademeyer – Statistiek deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme toon 580 480 hektaar se weiveld is tussen Mei en September vanjaar in 99 verskillende veldbrande verwoes.
In die Khomasstreek het 25 plase gebrand waarin een mens gesterf en vier mense ernstige brandwonde opgedoen het. Verder is 491 stuks vee en wild ook in die veldbrande in die streek dood.
Dié inligting is Woensdag deur mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing, bosbou en toerisme, in die parlement gedeel. (Sien die infografiek.)
Daarmee saam het 21 stuks kleinvee in Omusati doodgebrand en twee veeposte in dié streek is ook verwoes, sê hy in sy verslag.
Hy sê veldbrande bly ’n reusebedreiging vir die bewaring van bosboubronne terwyl dit die weiding en ander sosio-ekonomiese voordele wat mense daaruit put, negatief raak.
Shifeta sê dit is kommerwekkend om te sien dat veldbrande wat mense se eiendom en die omgewing vernietig en mense se lewens bedreig, voortdurend in die land voorkom. “Erge brande versteur ook die ekostelsel en benadeel natuurlike prosesse wat noodsaaklik is om lewensmiddele in stand te hou,” het die minister gesê.
Elke jaar voor die veldbrandseisoen ontwikkel en implementeer die ministerie ’n robuuste veldbrandbeheerstrategie om dit te voorkom, op te spoor en te bestry, sê hy.
Die strategie is ook daarop gemik om belanghebbendes en plaaslike gemeenskappe op te lei in die basiese voorkomings- en bestrydingsmaatreëls.
Shifeta sê die ministerie het selfs verder gegaan en span nou openbare platforms soos radio, gedrukte media, televisie en die sosiale media hiervoor in.
Bykomende hiertoe is die ministerie besig om groot stroke veld skoon te maak in gebiede waar veldbrande gereeld voorkom. “In 2020 het ons 953 km se brandpaaie geskep of in stand gehou en die ministerie beplan om nog 2 117 km hierby te voeg,” het hy aan die parlement gesê.
Volgens hom is dit nie die regering alleen se taak om voorsorg te tref nie en hy het ’n beroep op die publiek, boere en plaaseienaars gedoen om veldbrande te voorkom en 15 m om hul huise skoon te maak.
Verder moet houtskoolprodusente en mense wat in die veld piekniek hou, baie sterng by die voorsorgmaatreëls teen veldbrande hou, sê Shifeta.
“Ons het met groot kommer besef die meeste van die keer word verwoestende veldbrande deur onverantwoordelike optrede veroorsaak,” sê sy. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie