By Rupping Body Works is almal wenners
Paneelklop- en spuitverfkenners
Wiebke Schmidt - Presies 60 jaar gelede het die motorwerktuigkundige mnr. Diederick Rupping sy eie besigheid begin.
Met South West Body Works het dié Suid-Afrikaner vinnig ’n goeie reputasie opgebou.
In die destydse Kruppstraat, vandag Andimba Toivo ya Toivostraat, het Rupping vinnig ’n getroue kliëntebasis opgebou. Hy was bekend vir sy deeglike herstelwerk aan voertuie en sy verfwerk.
Sy seun Vernon, ’n gekwalifiseerde meganiese ingenieur, het in 1984 by die onderneming aangesluit.
Ná onafhanklikwording is die onderneming se naam na Rupping Body Works cc. verander.
“Ons werk al jare nou met versekeringsmaatskappye saam,” het Vernon, wat die besigheid bestuur, gesê.
Vir versekeringsmaatskappye word die skade aan die voertuie beraam en later herstel.
Afgesien van die evaluering van voertuie, wat in ongelukke betrokke was vir versekeringsmaatskappye, word herstelwerk en professionele verfwerk benodig.
Om aan die spits van die bedryf te bly, word gevorderde opleidingskursusse gereeld bygewoon – ook in Suid-Afrika.
’n Derde geslag is al jare lank aktief by Rupping Body Works cc. betrokke.
Vernon Rupping jr. het in 2004 as paneelklopper gekwalifiseer, en het dadelik by sy pa se maatskappy aangesluit.
Ter viering van hul 60ste bestaansjaar sal ’n gelukstrekking gehou word.
Elke kliënt wat tussen 1 Februarie en die einde van April sy voertuig by Rupping Body Works cc. laat herstel, kwalifiseer outomaties vir die trekking, wat in Mei sal plaasvind.
Die wenner sal ’n Engel-yskas van 40 l ontvang.
In dié tyd sal kliënte ekstra spesiale aandag geniet.
Sodoende is almal wenners.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie