Buurman kry Namibië aan die hoek
Hengel
Des Erasmus
Twee kabeljoue en algeheel ''n derde plek was die skraal oes van Namibië se vier Presidentspanne wat Vrydag van die Gus Kolnertoernooi op en om Jeffriesbaai in Suid-Afrika huis toe gekom het.
Die eerste twee dae het dit nog goed gegaan met die Namibiërs, maar toe kom keer Henrico Lesch van Suid-Afrika se A-span, ''n ou bekende in hierdie geweste, alles op sy kop om.
Dit was net by die vispotjie waar die Namibiërs die eerste twee plekke met eetbare visse beklee het danksy kabeljoue as ou bekendes hier te lande. Gunther Krauer van die Namibiese Veteranespan se kabeljou van 9,6 kg was die grootste eetbare vis tydens die toernooi van drie dae. Sommer minder as ''n kilogram ligter as die wenvis was nog ''n Namibiër, Nedjilka Kohler, se kabeljou van 8,7 kg die swaarste eetbare vis deur ''n lid van die vrouespanne.
Johan Agenbag van die Namibiese Veterane was die enigste besoekende hengelaar wat een van die eerste ses plekke vir individuele hengelaars beklee het. Agenbag het die toernooi met 146,9 punte afgesluit, met net R. Nortjé (156,9 punte) van die Suid-Afrikaanse A-span voor hom.
Op die derde dag het Henrico Lesch van SA A alles platgevee met meer punte alleen as die ander spanne saam. Tydens ''n oefendag net voor die toernooi het Agenbag al besigheid bedoel toe hy ''n skeertandhaai van meer as 100 kg aan wal gebring het.
Aan die einde van die tweede dag het dit gelyk of die Namibiese vrouespan nog die tuisvroue kon inhaal, maar ook hulle kon nie ''n agterstand van net 15 punte inhaal nie.
Onder die tien spanne is die beste prestasie deur die Namibiese B-span met ''n sesde plek behaal. Sewende was die Namibiese Veterane en agtste die Namibiese A-span. Die toernooi is deur SA A gewen met die SA Meesters tweede en SA Binneland derde.
Tydens die toernooi het oneetbare spesies eetbare spesies heeltemal oorheers. Die totale gewig van die eetbare spesies was 87,1 kg en van die oneetbares, hoofsaaklik bloupylsterte, was dit 3 370,6 kg. Al die visse is gevang, geweeg en terug in die water geplaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie