Buurlande stuur spanne na halfmarathon
Padwedlope
Des Erasmus
Vir Namibiese langasems gaan dit nie net vir sommer kom vat wees wanneer die Suider-Afrikaanse halfmarathonkampioenskap môre op Karibib afgedraf gaan word nie.
Vyf buurlande het laat weet dat hul atlete in die Usab-stadion gaan aantree en nog laatkommers gaan nie ’n verrassing wees nie.
Die vyf lande wat hul drawwers se koms bevestig het, is Mauritius, die Seychelle, Botswana, Swaziland en Suid-Afrika. Ander moontlike deelnemers is van die buurlande Lesotho, Zimbabwe, Angola, Malawi, Mosambiek en Zambië.
Vroeër die week was aanduidinge dat individuele inskrywings ook vir die 21 km verwag kan word.
Eers wanneer die skoot môre om 07:30 klap, sal sekerheid bestaan oor watter brandasems hul opwagting op Karibib gemaak het.
Betholdt Karumendu, sportbeampte van die Erongostreek, het bevestig dat die bestes van Namibië daar gaan wees. Onder die vroeë inskrywings was daar dié van Nampol, die NDF en Korrektiewe Dienste. Gereelde deelnemers van die kusdorpe Walvisbaai en Swakopmund het ook laat weet dat hulle gaan aantree.
Die roete van 21 km strek vanaf die Usab-stadion, deur die dorp tot by die goue poorte van die Navachabmyn, waar omgedraai gaan word en dieselfde roete terug gevolg gaan word.
Die Navachab-goudmyn is ook die hoofborg van die byeenkoms met N$65 000. Die vertonings van die deelnemers sal individueel, maar ook spangewys beoordeel word. Vir die wenspanne sal daar net medaljes op die spel wees. Die prysgeld vir die algehele mans- en vrouewenner is N$5 000 elk.
Die kategorieë waarin die mans en die vroue gaan meeding, is seniors, juniors, veterane en meesters (bo 50 jaar).
Vir die eerste driehonderd deelnemers wat klaarmaak, sal daar ook medaljes wees.
Die Navachab-marathon is toeskouergerig. Die vordering van die atlete kan deur die dorp se strate gevolg word en langs die teerpad na die Navachab-myn is daar stilhouplekke vir toeskouers. Op die roete sal daar verskeie waterpunte wees met baanbeamptes wat ook oor die veiligheid van die deelnemers sal waak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie