Burundiese minister sterf in sluipmoordaanval
Vier mense word ondervra nadat 'n Burundiese minister doodgeskiet is.
Burundi se minister van die omgewing en water, Emmanuel Niyonkuru (54), is Sondag in die vroeë oggendure op pad huis toe in die hoofstad, Bujumbura, doodgeskiet, het Pierre Nkurikiye, polisiewoordvoerder, getwiet.
Die African News Agency berig 'n jong vrou wat saam met Niyonkuru was, is saam met die eienaar van 'n kroeg wat Niyonkuru gereeld besoek het en twee veiligheidswagte wat sy huis bewaak het, deur die polisie vir ondervraging in hegtenis geneem.
Pres. Pierre Nkurunziza het sy skok oor die moord uitgespreek.
“Dié misdaad sal gestraf word,” het hy gesê.
'n Vrou is sedertdien in verband met die voorval in hegtenis geneem, het Al Jazeera Sondag berig.
Die moord, die eerste op 'n kabinetslid sedert Nkurunziza in 2015 vir 'n omstrede derde termyn as staatshoof gekies is, volg op 'n relatief rustige paar maande in die oorloggeteisterde land.
Nkurunziza het op Twitter sy medelye met Niyonkuru se familie uitgespreek en “aan alle inwoners van Burundi” gesê die moordenaars sal swaar gestraf word.
Minstens 500 mense het reeds gesterf en 300 000 het landuit gevlug sedert onluste in April 2015 begin het.
Intussen het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, voorsitter van die Afrika-unie se kommissie, op Twitter haar medelye uitgespreek en die moord op Niyonkuru skerp veroordeel as 'n “barbaarse daad” wat 'n deeglike ondersoek van die Burundiese regering verg.
–Nampa/ Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie