Burger stal sy ambisie in Kaapstad uit
Jean-Paul Burger het die naweek belowend presteer by die Discovery Wêreldbeker triathlonbyeenkoms in Kaapstad en het die beste tyd nóg deur ’n Namibiër in die byeenkoms behaal.
Burger en Drikus Coetzee was die enigste twee Namibiese atlete wat vir die byeenkoms gekwalifiseer het. Burger was die jongste deelnemer in ’n kompetisie gevul met wêreldklas manne wat reeds vir komende Augustus se Olimpiese Spele gekwalifiseer het. Sy prestasie was heel goed, in ag genome dat dit die eerste keer is dat hy in die elite manskategorie moes meeding.
Die water was yskoud, maar hy het steeds ’n skaflike 9 minute 53 sekondes geswem aan die 750 meter, nadat dié afstand minute voor die byeenkoms met nog 120 meter verleng is.
Hierna het die Windhoeker bietjie klei getrap in sy oorgang, maar het op die fiets (20 km) weer baie sterk vertoon en het ook ’n uitstekende 5 km hardloopskof van 15 minute 48 sekondes gehad.
Hy het uiteindelik met ’n beste persoonlike tyd van 58:32 geëindig – vier minute agter die wentyd van die Spanjaard Fernando Alarza, wat Engeland se gewese wêreldkampioen Jonathan Brownlee met vyf sekondes geklop het.
Burger is na dese ongelooflik gemotiveer en hoop dat hy genoeg borge bymekaar kan kry om hom toe te laat om op 16 Julie in Hamburg aan die Wêreldbeker deel te neem. Sy droom bly steeds om Namibië uiteindelik by die Olimpiese Spele te gaan verteenwoordig. Hy word oor ’n paar weke 20 jaar oud.
Ten spyte van ’n baie veeleisende akademiese program by die Universiteit van Stellenbosch, is veral sy hardloop-afrigter baie beïndruk met sy prestasie en hy glo vas dat Namibië hier ’n kandidaat vir ’n goeie vertoning by die Olimpiese Spele het. Die afrigter sê dit gebeur min dat hy met atlete te doen kry wat op so ’n jong ouderdom so gemotiveerd en gedissiplineerd is om bo uit te kom.
SIEKTE KNOU DRIKUS
Vir die eerste keer in Drikus Coetzee se loopbaan het ’n DNF langs sy naam verskyn toe hy nie die afstand kon voltooi nie.
“Toe ek van my reeks kompetisies (in Egipte en Mauritius) teruggekeer het, het ek siek geword en was vir ’n week lank gefrustreerd dat ek nie kon oefen nie. Ek het eers besluit om nie in die Kaap te gaan deelneem, maar wou nie die geleentheid misloop nie en het dus op die laaste oomblik besluit om tog te gaan,”
Ek het nie ’n goeie uitslag verwag nie omdat die siekte baie energie en frustrasies uit my getap het. Ek het die swemskof voltooi, maar het vanaf die begin kragteloos gevoel en het toe ná 8 km op die fiets onttrek nadat ek nie kragteloos gehad om by te hou en glad nie goed gevoel het nie. Dit is my eerste DNF ooit, ek gooi nie sommer tou op nie!”
Coetzee sê dit is neusie verby in sy strewe om vir die Rio Spele te kwalifiseer, “maar dit bring my nie van stryk af nie. Ek het ander planne en persoonlike doelwitte waarop ek gefokus bly.
“Jean-Paul het ’n baie goeie dag beleef en ek is bly om te sien dat nog ’n landgenoot na vore tree en bereid is om die groot manne te pak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie