‘Burger in rou’ bepleit genesing
Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van The Mourning Citizen heling ná die diepgewortelde trauma van die destydse volksmoord gaan bepleit.
Dit maak deel uit van die weeklange simposium “Colonial Injustice: Addressing Past Wrongs” wat hierdie week deur die Europese Sentrum vir Grondwetlike- en Menseregte, die Goethe Instituut in Namibië en die Akademie vir die Kunste in Berlyn aangebied word.
Saam met die volksmoordbelangegroepe in die Ovaherero- en die Nama-gemeenskap word daar tydens die simposiumweek gefokus op die gevolge van dié volksmoord 115 jaar gelede.
The Mourning Citizen is ‘n verleging van The Mourning, wat oorspronklik deur Trixie Munyama in 2016 gekonsepsualiseer is.
Die klem van hierdie produksie is egter spesifiek op die volksmoord as geskiedkundige fokuspunt en die uitwerking wat steeds in die hedendaagse tyd op mense het.
Die begin vanaand om 19:30 en toegang is gratis.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie