Burger en Kasch reg vir haastige tempo
Sowel beginners in die sport as gesoute veterane kry kans om hul fiksheidsvlak op die proef te stel.
Tielman van Lill – Die Namibiese Driekampfederasie (NTF) stuur môreoggend om agtuur die 2021 duathlonseisoen van stapel met sy RMB-byeenkoms by die Onafhanklikheidstadion in Olympia.
Behalwe vir die ernstige deelnemers aan die Sprint- en Supersprint-afdelings, is daar ook ’n afdeling vir beginners om die water te toets.
Toemaar, dis winter en niemand hoef te swem nie. Duathlon bestaan uit net twee dissiplines, naamlik draf en fietsry wat steeds oor drie skofte voltooi word.
Sosiale atlete sal môre eers die 1.5 kilometer draf, dan drie kilometer fietsry en weer die laaste drafskof pak. Deelnemers spring binne die stadion weg en eindig weer daar.
Die meer gesoute deelnemers (Sprint-kompetisie) hardloop 5 km, ry 21 km fiets en maak met die 5 km draf klaar. Die Supersprint is korter vir junior en minder ervare atlete. Die 2.5 km draf, 10 km fietsry en 2.5 km draf, maak dié kompetisie nie minder kompeterend nie. Atlete keil mekaar behoorlik op en dis net die regte resep vir deelnemers wat dalk in die toekoms twee- of driekamp ernstig wil beoefen.
Die NTF het gesê: “Met ’n rekordgetal inskrywings, ’n opwindende venue en roete, belowe die byeenkoms vir vuurwerke. Jean-Paul Burger, ons mees gevierde elite driekampatleet, het ook ingeskryf.
“Met Burger op die wegspringstreep, word die standaard van die kompetisie aansienlik gelig. Burger, Konrad Marais en Jan-Louis Mostert gaan beslis vir ’n naelbytery sorg.
“In die vroue-afdeling is die mededinging ewe straf met Benita Kasch wat opnuut haar kleim sal wil afsteek. Daar is ook belowende junior atlete wat nie ’n aks vir mekaar in die Supersprint gaan terugstaan nie, met Nathan Chase een van die jonges om dop te hou.
“Dit sal die eerste keer vir die NTF wees dat ons deelnemers op die atletiekbaan in die stadion sal hardloop.”
Die NTF bied op 17 Oktober die Afrika-standaard tweekampkampioenskap in Windhoek aan. In die opbou daarheen wag op 10 Julie die nasionale Namibiese duatlonkampioenskap en op 31 Julie weer ’n Sprint-byeenkoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie