Bure van hel
Bure van hel

Bure van hel

Sanet de Waal
Ek en ’n paar mense sit nou die dag om ’n vuur en gesels. Iewers het die gesprek by ons bure gedraai en ek was verbaas hoeveel mense probleme met hul bure het.

Ek was altyd onder die indruk dat my probleme enig is sy soort is. Maar gou het ek agtergekom dat respek vir jou medemens, maniere en doodgewone ordentlikheid blykbaar iets van die verlede is.

Nogtans dink ek steeds my buurman is enig is sy soort. Kyk, die man hou ’n fees elke Vrydag, Saterdag en soms Sondag by sy huis. Van vroeg die aand tot so net voor sonsopkoms en dan weer so van skuins na 10:00 elke naweek.

Selfs in hoktyd het die man toegang tot drank en vriende sonder einde gehad. Niks en niemand keer hom van ten minste twee goeie kuiers per naweek nie, wat dan ook beteken ons bure kry die volle genot van die gesels, bottels wat klap en geskreeu en lag wat toenemend harder en sagter word soos die dank vloei.

Die stadspolisie ken hom al op die voornaam, maar so gaan ons aan. Maar dis nog nie die ergste nie. Ek, ons Windhoekers, betaal die man se salaris. Hy is nie ’n staatsamptenaar nie, maar die maandelikse fooie wat ek betaal, byvoorbeeld vir lopende water of sodat my rommel van die huis verwyder word, betaal sy salaris.

So, wat dié man doen, veral as hy die Sondag ook gekuier het, is om die Maandag vroeg werk toe te gaan. Dan gaan haal hy ’n werkbakkie. Kom huis toe, parkeer die voertuig voor sy huis op die sypaadjie en gaan slaap sy roes af.

So 16:30 klim hy in die bakkie en ry werk toe om sy voertuig te gaan haal en huis toe te gaan. Dis wat my die meeste die hel in maak – nie net het jy absoluut geen respek vir enigiemand in jou omtrek nie, maar jy slaap ook nog op die job, wat in my oë beteken jy is bo alles nog skelm ook.

’n Ander man in die geselskap vertel oor sy buurman wat dink hy bly op ’n plaas. Hy hou hoenders in sy erf aan. Nou enigiemand wat al ’n voël of ’n hoender gehad het, weet dat hulle aanhoudend en aaneen ontlas. So, die reuk van langsaan en die vlieë wat daarmee gepaard gaan, is enigiets behalwe aangenaam.

Toe die kuikens groter word en so effe kon begin vlieg, het hulle gedurig in die erf langsaan beland. Dié man het honde wat dink dis baie interessante nuwe speelgoed. Toe hy die buurman hieroor aanspreek, het hy glo sy skouer opgetrek en gesê die hoenders is sy vrou se besigheid en hy kan niks daaromtrent doen nie. Die hoenders is intussen in houtkratte toegesluit sodat hulle nie meer kan wegvlieg nie. Maar daar sit hulle: geen sonlig, geen sand onder die pote nie, toegesluit totdat hulle geslag word.

O ja, en natuurlik kraai die hane nou aanhoudend omdat hulle geen idee het of dit lig of donker buite is nie, vertel die man. Iets wat, noudat hy van die huis af moet werk, hom van sy kop af dryf.

Daai is niks, reageer ’n vrou. Haar bure stamp mahangu. Sy sê wanneer sy 17:00 van die huis af kom, is doef, doef, doef alles wat sy hoor. Dit is so erg dat die vrou van oorkant die straat vir haar aangebied het om die mahangu na Namib Meulens te neem sodat dit vir ’n klein bedrag gemaal kan word. Die vrou kon nie glo die geraas kom nie van haar nie, maar nog ’n huis verder, omdat dit so luid in haar sitkamer te hore is.

Ek weet regtig nie wat die probleem is dat mense dink hulle kan op hul erf net doen soos hulle wil en dat dit nie ander mense dalk beïnvloed nie. Reuk en klank trek ongelukkig – dit bly nie net op jou erf nie.

Ek weet ook nie wanneer en hoekom ons basiese respek, ordentlikheid en maniere verlore het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%