Burden-broers kuier in Namibië
Twee singende predikantbroers bring vanaf 20 tot 27 Maart hul aanbiddingstoer na Namibië.
Ds. Hennie en ds. Stefaans Burden het albei hul musiekgawes binne die kerk ontdek en gebruik dit nou ook wyer as bediening vir die Here se Koninkryk.
Hennie Burden
Hennie Burden is al die afgelope ses jaar predikant in die NG Kerk Lutzville en voorheen was hy ook hier plaaslik ’n predikant by die NG Kerk Windhoek-Wes. Sy bediening in die kerk was van die vroegste tye af gekoppel aan musiek.
Alhoewel hy self al ’n lied of twee geskryf het, is sy passie om mense met bekende lof- en aanbiddingsliedere te begelei. Juis omdat mense die musiek ken, wil hy hulle daarin lei om ’n ontmoeting met die Here te hê. Sy eerste CD, getiteld Onbeskryflik, is opgeneem met bekende liedere soos “Strome van seën”, “Die Liefde van Jesus”, “Die Oorwinningslied” en vele ander.
Stefaans Burden
Stefaans Burden is al vir 18 jaar predikant by NG kerk Worcester-Vallei.
Die afgelope klompie jare loop die Here se pad met sy musiek en sang. Hy glo die maak van musiek kom tot sy reg in ’n geloofsgemeenskap waar mense die ruimte gegee word om hul godgegewe gawe uit te leef.
Hy het reeds drie CD’s die lig laat sien. Die eerste CD, Oppad, se betekenis is dat ons almal met ’n lewensreis besig is en dat baie mense jou beïnvloed, jou vorm en jou lewenskoers bepaal. Bo dit alles is die Drie-Enige God altyd agter al hierdie menslike motiverings.
Sy tweede CD is getiteld Om U te sien en dit handel baie duidelik oor die verlange van mense om meer van God se teenwoordigheid in hul lewe te ervaar. Mense soek dit baie maal op verkeerde plekke. God is hier by ons teenwoordig - waar ons saam eet as gesin, saam kuier as vriende asook by ons werkplek waar ons die meeste tyd bestee. Die belangrike is dat God die Heilige Gees ons nuwe oë sal gee om Hom te sien waar ons elke dag is. Hierdie CD is in Pretoria deur Matthys Maree opgeneem en verskeie bekende musikante, onder andere Mauritz Lotz op kitaar en David Klassen (van Noot vir Noot faam) op tromme, was deel van die produksie.
Die derde CD se naam is Genade in ’n skoenboks. Hierdie CD is geïnspireer deur ’n vrou wat as baba in ’n skoendoos voor vreemdes se voordeur gelos is.
Kyk uit vir hul optree-datums oor Paasnaweek aan die Namibiese Kus!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie