Bulle gunsteling in derby-stryd
SuperRugby
Christo Buchner - “Vir ons is hierdie net nóg ’n wedstryd. Ons gaan dit beslis nie groter maak as wat dit is nie.”
Met hierdie woorde het Swys de Bruin, die afrigter van die Leeus se rugbyspan, sy lyf brandbestryder gehou om die veldbrand wat die Jukskeistryd teen die Bulle in die Superreeks veroorsaak onder bedwang te bring.
Daar is min plaaslike kragmetings oor die jare, selfs toe hierdie spanne nog Transvaal en Noord-Transvaal was, wat die rugbypubliek se verbeelding kan aangryp soos wanneer hierdie spanne slaags raak.
De Bruin wil nie dat sy span in die strik trap om té veel druk op hulself te plaas deur aan hierdie wedstryd so vroeg in die seisoen amper eindstryd-status te gee en meegesleur te word deur die intense belangstelling wat dit by die ondersteuners aan weerskante van die Jukskeirivier aanwakker nie.
“Ons dink egter nie só daaraan nie. Dit is net nog ’n hekkie waaroor ons moet kom in die Superreeks. Dit is nie ’n spesiale wedstryd waar daar ekstra druk op die spelers gaan wees nie. Dit is ’n kragmeting soos enige ander en ook ons eerste wegwedstryd van die seisoen,” sê hy.
In die land van die Bulle word die nuwe afrigter, John Mitchell, gesien as die rugby-messias wat sy opwagting gemaak het en veral die feit dat hy voorheen die Leeus afgerig het tot Curriebeker-glorie voordat hy net die volgende jaar daar weg is onder ’n donker wolk, is alles ekstra speserye op dié liplekker-stryd.
De Bruin glo die Bulle gaan aantree as die gunstelingspan.
“Hulle speel by die huis en veral die wyse waarop hulle die Hurricanes, wat twee jaar gelede die Superkampioen was en tradisioneel een van die sterkste Nieu-Seelandse spanne is, die afgelope Saterdag geklop het, moet van hulle die gunsteling maak,” sê hy.
Die Leeus sal ’n vyfster-vertoning moet lewer om hulle te kan klop en De Bruin sal wil sien dat sy spelers meer geduldig op die aanval moet wees.
“Ons sal ’n vyfster-vertoning moet lewer om hulle te kan klop. Dit was ons probleem met die hanteerfoute wat teen die Jaguares begaan is. Ons het nie ons tyd gevat om deur die fases te gaan en bewegings stelselmatig op te bou nie. Ons was dikwels té oorhaastig en dit is waar die foute ingesluip het,” sê hy.
Tog was hy in die geheel tevrede met hoe sy span geseëvier het en sê hy dit was die meeste en verste waarmee hulle met die bal in die hand gehardloop het en ook die meeste lynbreke wat gemaak is.
“Die Jaguares moet ook nie vlak gekyk word nie. Hulle is ’n baie bedrewe span wat weet hoe om jou in foute in te dwing,” sê hy.
Al het die Leeus twee lynstane op hul eie ingoooie verloor, was De Bruin in sy skik met die verbetering in daardie aspek van die spel vanaf die eerste wedstryd teen die Haaie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie