Bulle 'dra nie letsels' van Leeu-aanval
SuperRugby
Cobus Claassen
Die nederlaag die afgelope Saterdag teen die Leeus word nie as ’n terugslag beskou nie, maar eerder as ’n rigtingwyser vir die pad vorentoe, sê die Bulle-vleuel Johnny Kotze.
Daar word vandeesweek in die Bulle-kamp werk daarvan gemaak dat die vertoning in die Superreeks teen die Leeus op Loftus Versfeld as geskiedenis aangeteken staan.
“Ons wil leer daaruit en ’n beter span word. Dit was nie die verlangde uitslag nie, maar ons het ’n kans om dit reg te stel,” sê Kotze.
Die Bulle se eerste toerwedstryd Doer Onder is Saterdag in Brisbane teen die Reds. Die 25-jarige Kotze, wat vroeër in sy loopbaan vir die Stormers Superrugby gespeel het, het teen die Leeus en die vorige naweek teen die Hurricanes die eerste drie vir die Bulle gaan druk. Hy het teen die Leeus met groot vernuf ’n hoekskoppie van Handré Pollard bemeester en gaan afrond.
Kotze het die vorige week teen die Hurricanes die taak gehad om die All Black-vleuel Julian Savea hok te slaan. Hy sê nadat hy verlede seisoen lank met beserings gesukkel het, wil hy nou elke geleentheid optimaal benut.
“Daar gaan altyd iewers beserings op jou pad kom. Jy kan nooit dat dit jou onderkry nie en ek is bly dat ek in die eerste twee wedstryde ’n bydrae kon maak. Dit was ook my uitgangspunt toe ek besluit het om Bulle toe te kom,” sê Kotze.
Hy sê die Bulle beskou die Reds allermins as ’n makliker wedstryd op toer (hulle kom in Nieu-Seeland teen die Chiefs en die Crusaders te staan). Die Reds het Saterdag verras toe hulle die Brumbies met 18-10 geklop het.
Brad Thorn, wat vanjaar die Queenslanders brei, is tans besig om ’n span met jonger spelers te bou en dit is ’n goeie geleentheid vir die Bulle om die tuisspan se gebrekkige ervaring uit te buit.
“Ons wil ’n beter eenheid word en gaan beslis nie die Reds onderskat nie.”
Die onus is op die Bulle se voorspelers om ’n beter vertoning in die Suncorp-stadion te lewer. Waar die Bulle se agttal in die eerste wedstryd teen die Hurricanes die beginpunt van hulle sege was, het die span se probleme voor begin teen die Leeus. John Mitchell, die Bulle se hoofafrigter, maak vandag sy span bekend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie