Bulgaar breek Meroro stelselmatig af
Die Namibiër se hoop op ’n oortuigende terugkeer was van korte duur.
Andrew Poolman – Die toekoms vir die Namibiese bokser Vikapita Meroro is opnuut onseker ná die tiende nederlaag van sy beroepsloopbaan Vrydagaand in Dar es Salaam, Tanzanië.
Die 35-jarige Namibiër het die onoorwonne Bulgaar Tervel Pulev tot in die negende ronde besig gehou, voordat hy besluit het om tou op te gooi en die skeidsregter ingelig het dat hy nie wil voortgaan nie.
Hoewel Meroro op die oog af nie deur enige spesifieke hou oordonder is nie, het die opbouende effek van die inspanning van die voorafgaande rondes hom klaarblyklik aan die einde van sy kragte gebring.
Die 38-jarige Pulev is selfs ouer as sy opponent, maar het minder beroepsgevegte en spog na dese met 16-0 (13 uitklophoue). In sy jonger dae het hy met ’n bronsmedalje by die 2012 Olimpiese Spele in Londen sy potensiaal gewys, hoewel hy nog vier jaar tot ná Rio 2016 gewag het om die beroepskryt te betree.
Die Bulgaar se hoogtepunt sedertdien was toe hy in 2019 die WBA se internasionale titelhouer geword het. Hy was nie in 2020 in aksie nie.
In ’n slordige en onaanskoulike geveg sonder noemenswaardige hoogtepunte het Meroro min belangstelling getoon om in enige woeste uitruiling van vuishoue betrokke te raak.
Hy het elke kans aangegryp om die Bulgaar se arms vas te gryp of om die tempo af te bring deur sy kop onder sy opponent se kieliebak in te druk.
Hoewel hy in sommige rondes soos van ouds sy man gestaan het en hoewel Pulev ook nie besonder indrukwekkend geboks het nie, was daar beswaarlik rondes waarin Meroro die wenner was.
Die skeidsregter het reeds in die vierde ronde geduld verloor om die twee boksers voortdurend uitmekaar te haal en het ’n punt van Meroro vir sy onnodige vashouery laat aftrek.
Meroro, eens die houer van die WBO Afrika-titel in die junior swaargewigklas, se loopbaan het die afgelope jare heelwat stoom verloor en sy beroepsrekord staan na dese op 29 gewen (14 met uitklophoue) en tien verloor (ses met uitklophoue).
Hoewel Vrydagaand se uitslag nie noodwendig die einde van Meroro as beroepsbokser beteken nie, is dit reeds die afgelope jare duidelik dat hy nie meer op ’n waarneembare pad boontoe op die wêreldtoneel is nie. Die laaste keer waarin hy naby sy beste was, was straks in middel 2015 in ’n moedige vertoning in Moskou totdat Dmitry Kudryashov hom in die sesde ronde uitgeslaan het.
In sy daaropvolgende nederlae teen Kevin Lerena (RSA) in Kemptonpark en Maxim Vlasov (Rusland), beide in 2017, het sy aansien egter onherstelbare skade gely toe hy onderskeidelik halfpad deur die vyfde ronde tou opgegooi en toe in die eerste ronde platgeslaan en bly lê het. Die feit dat hy ook nie die ooreengekome gewigsgrens kon haal nie, het hom in bokskringe verder in oneer gebring.
Die beste waarop Meroro dus deesdae kan hoop, is om eenmalige gevegte soos die afgelope naweek te beklink, solank die geldprys reg is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie