Buitelanders wil amok in kryt maak
Boks
Jesse Kauraisa – Lukas (The Demolisher) Ndafoluma en Nathanael (Natty) Kakololo van die MTC Salute-boksakademie het komende Saterdagaand 'n gewigtige taak op hande.
Die twee boksers se onderskeie teenstanders, die Malawiër Simeon (Super Power) Tchetha en Tinashe (The Chairman) Mwadziwana van Zimbabwe, het gister by 'n mediakonferensie in Windhoek belowe hulle is hier om dié Namibiërs se planne lelik te bederf.
In die hoofgeveg daag die Demolisher (35 jaar, 18 gewen, 3 verloor) en die 24-jarige Tchetha (10-3-1) mekaar oor 12 rondes uit vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se gesogte vakante Afrika-middelgewigtitel wat op die spel is.
Kakololo (32) met 10-1-1, sal sy veergewigtitel van die Afrika-boksunie (ABU) in die hoofvoorgeveg teen Meneer Die Voorsitter (17-12) oor 12 rondes verdedig.
Die twee buitelanders sê hulle is gereed om teen alle verwagtinge in vir 'n opskudding te sorg.
Tchetha sê: “Ek is 'n bokser van min woorde, maar ek kan wel bevestig dat ek hier is om die WBO-gordel te buit.”
Ndafoluma is ewe seker van sy saak en wil die Malawiër op sy plek sit.
Die Demolisher sê: “Om vir die WBO-kroon te veg, is 'n droom van my wat waar word en ek glo dis net die begin van goeie dinge in my loopbaan. Ek mik na 'n oorwinning en ek sweer hy sal nie die pyp rook nie. Ek bedank MTC en Salute vir hul moeite om die geveg moontlik te maak.”
ALBEI VOL SELFVERTROUE
Mwadziwana, wat al voorheen in Namibië geboks het, meen sy ondervinding sal 'n sege vir hom teen Kakololo verseker.
“Ek ken Namibië en die omstandighede hier en het Joseph (Smokey) Hilongwa vantevore hier geklop. Daarom is ek gereed om die ABU-gordel Saterdagaand te beklink,” het hy gewaarsku.
Die Zimbabwiër se opmerking na Hilongwa verwys seker daarna dat hy reken hy het die Namibiër in die kryt op sy plek gesit, want die tellinghouers het Hilongwa in elk van hul drie ontmoetings (2008, 2001, 2016) eenparig as die puntewenner aangewys.
Kakololo is vol vertroue dat hy sy titel gemaklik gaan verdedig en sy teenstander te oorweldig.
“Ek wil net vir Mwadziwana inlig dat hy niks gaan wen nie. Ek herinner sommer ook sy afrigter dat hy nie weer soos die vorige keer hier met 'n titel gaan vertrek nie.”
Die bokstoernooi begin Saterdag om 16:00 sonder toeskouers by die Windhoek Buiteklub en sal voor 22:00 iets van die verlede wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie