Bryson geloof ná hy Winged Foot platslaan
Gholf
Louis Oosthuizen kan nie anders nie as om beïndruk te wees met die nuwe Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, nadat dié fris Amerikaner Sondag die Winged Foot-baan oorrompel het om sy eerste major-titel te verower.
Die 37-jarige Suid-Afrikaanse gholfster, wat die Britse Ope in 2010 gewen het, het die dag vier houe agter die voorloper begin, maar sy hoop om ’n derde major-titel het vinnig verwater en hy het agt houe agter DeChambeau in die derde plek geëindig.
“Dit is altyd ’n goeie prestasie om derde by ’n major te eindig, maar dit sou altyd ’n taai uitdaging wees,” sê Oosthuizen, wat die laaste ronde in 73 houe, twee oor baansyfer, voltooi het.
“Bryson speel tans op sy eie klein gholfbaan. Hierdie baan het vandag beslis sy tande gewys en dit was net eenvoudig ’n taai uitdaging.”
Oosthuizen het in die toestande gesukkel, maar DeChambeau het sy kragspel suksesvol ingespan. Die Amerikaner het Sondag 67 aangeteken en sy landgenoot Matthew Wolff, wat tweede geëindig het, met ses houe geklop.
“Ek dink hy skep sy eie klein manier van speel,” sê Oosthuizen.
“Hy slaan die bal so ver. Hy is so sterk uit die ruveld en waarskynlik een van die beste spelers wat sy setstok betref. Sy teenstanders gaan groot moeilikheid hê by toernooie waar hy goed vaar op die setperke.
“Dit is goed om te sien. Ek het respek vir hom en wat hy vermag. Hy het op hierdie reis gegaan en hy maak ’n sukses daarvan. Hy speel uitstekende gholf.”
Oosthuizen sê selfs sonder DeChambeau se merkwaardige laaste ronde sou hy gesukkel het om sy tweede major-titel op die uitdagende baan in New York te wen.
“As jy hom uit die prentjie verwyder, is ek daar met ’n kans. Maar weet jy, as jy hom wegvat, sou ek waarskynlik ’n bietjie meer op my senuwees gewees het aan die einde, so daar is baie dinge wat dan verskillend kan gebeur.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie