Bruidspare, skryf nou in!
Vandag skop Republikein se gewilde Bruidspaar van die Jaar-kompetisie af. Paartjies wat tussen 1 April 2018 en 28 Februarie 2019 getroud is, kan inskryf. Die eerste inskrywingsvorm verskyn in vandag se uitgawe van Kollig of kontak [email protected] vir meer inligting. ’n Galery met alle paartjies wie se inskrywings ontvang is, sal eersdaags op Republikein se Facebook-blad verskyn. Hier is verlede jaar se wenners, Roland en Mariaan van Greunen.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie