Bruidspare, skryf nou in!
Ashwynn en Charlemaine Engelbrecht (foto) is een van die paartjies wat ingeskryf het vir Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Paartjies kan tot 13 April om 12:00 nog inskryf. Inskrywingsvorms verskyn gereeld in die koerant en is ook op Republikein se webwerf beskikbaar. Die eerste groep van 30 semifinaliste word deur ’n paneel van beoordeelaars gekies, waarna lesers deur middel van SMSe vir hul gunstelingpaartjie kan stem. Die 10 paartjies met die meeste stemme dring na die finale ronde deur wat op 2 Junie plaasvind. Dan sal ’n tweede beoordelingspaneel die wenners kies.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie