Bruidspaar van die jaar by NTE
Met wonderlike pryse op die spel en die kans om weg te stap as wenners van Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie, kan die tien finaliste wat Donderdag in Kollig aangekondig word, weer na iets spesiaal uitsien.
Te oordeel aan die bykans 7 500 SMS'e wat die koerant ontvang het om die toptien te bepaal, gaan die finaal op Saterdag 2 Junie om 13:00 in die Mopani-saal by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) vir groot opwinding sorg.
Dit het baie maande se voorbereiding gekos om te kom waar die finaliste nou is. Elke paartjie wat deelgeneem het, moes troufoto's verskaf asook 'n romantiese verhaal van hoe hulle ontmoet het, hul troudag en toekomsplanne. Daarna het 'n keuringsproses gevolg deur beoordelaars in die fotografie-, geleentheidsbeplanning-, skoonheid- en vermaaklikheidsbedryf om 30 semifinaliste te kies uit die 160 inskrywings wat ontvang is; voorwaar geen maklike taak nie. 'n Groot verantwoordelikheid het daarna op lesers se skouers gerus, aangesien hulle bepaal het watter paartjies onder die toptien is. Dit is dié paartjies wat Donderdag aangekondig word en oor net minder as twee weke aan die finaal gaan deelneem.
Uiteindelik, op Saterdag 2 Junie, stel die paartjies hulself aan die publiek bekend en ding teen mekaar mee vir hul deel van die pryse. Om die paartjies van nader te bekyk – hulle verskyn immers in hul trouklere – wees vir hulle by die NTE op die uitkyk.
Terwyl die organiseerders nie veel wil verklap oor wat by die finaal verwag kan word nie, het hulle wel erken dit behels iets soet!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie