Brose Bokke val vir 1ste keer in dekade op Twickers vas
Rugby
Stephen Nell
Die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap het die afgelope maand goeie werk verrig deur die probleme in ons spel onder loep te neem, maar die onlangse indaba het op kort termyn nie vir die Springbokke oplossings opgelewer nie.
In elk geval behoort die grootste probleme in Saterdag se nederlaag van 21-37 teen Engeland op Twickenham voor die deur van die Bokke se afrigtingspan, nie die breër gemeenskap nie, gelê te word.
Daar skort steeds baie met die Bokke se verdedigingstelsel, op die aanval hou hulle bitter min van ''n bedreiging in en hul taktiese skopwerk is treurig.
En dis ''n mondvol. Om te dink jy kan ''n groot pak voorspelers kies en die stryd in die loopgrawe beklink, is in elk geval ''n ouderwetse manier om na die spel te kyk.
Vir die eerste 20 minute het dit redelik goed gegaan met Patrick Lambie se stewel wat agter die inklimspel van die agttal die telbord aan die rol gehou het. Ná vyf minute was die Bokke met 6-0 voor en was die hoop daar dat hulle ''n “Donald Trump” gaan doen.
Die hoop het egter beskaam en Jonny May se drie – van eerste fase af danksy die Engelse agterlyn se slim hardlooplyne en suiwer aangeewerk – was ''n onheilspellende voorbode. Met die bal soos ''n koekie seep in die nat toestande, het die Engelse gesukkel om hul ritme te vind. ''n Paar opstoppers binne die laaste vyf minute van die eerste helfte het die Bokke egter planke toe gestuur.
Eers was daar Courtney Lawes se drie ná Bok se kind nie ''n hoë skop kon bemeester nie en nét voor die omdraaislag ''n langafstand-strafdoel deur Elliot Daly. Dit was 20-9 vir Engeland en al wat Suid-Afrikaner is, het ''n nare gevoel op die maag gekry. Ons het toe reeds geweet dit gaan Engeland se dag wees en op ''n droë dag sou dit baie lelik geraak het.
Nie lank ná die omdraaislag nie het die Engelse skrumskakel Ben Youngs verspot maklik ruimte langs ''n losskrum gevind en sy skakelmaat, George Ford, in besit gestel vir nóg ''n drie. Nóg ''n strafdoel deur Farrell en dit was 30-9 met die enigste strooihalm dat die Bokke darem nog meer as ''n halfuur het om die saak te beredder.
Hulle het ''n bietjie ruggraat getoon en die trots, tesame met mooi hanteerwerk deur Lood de Jager en Warren Whiteley, het vir Johan Goosen ''n drie opgelewer. Dit was die Bokke se eerste in drie toetse – ''n onrusbarende statistiek as daar al ooit een was. Die laaste 20 minute, ná Goosen se drie, was soos tande trek.
Nóg ''n pampoen wat Youngs ''n tweede keer suksesvol aan Pieter-Steph du Toit verkoop het, het die Engelse se voorsprong verder gerek en Suid-Afrikaners het vir die eindfluitjie gebid. Minstens was dit darem Willie le Roux wat die laaste sê met ''n drie gehad het.
Nou is dit Florence toe vir ''n toets teen Italië en gaan Bok-ondersteuners met die vrees van ''n moontlike nederlaag teen Italië begin stoei. ''n Mens kan maar net hoop Coetzee gryp hierdie geleentheid aan om uit die boks te begin dink en jong manne soos Rohan Janse van Rensburg en Steven Kitshoff geleenthede in die beginspan te gee.
''n Span moet egter met ''n plan toegerus wees en die Bokke s''n die afgelope paar toetse boesem nie vertroue in nie. Teen die All Blacks is gehoop Morné Steyn se skopstewel sal vir iets wonderbaarliks sorg en teen die Engelse was die poging tot ''n oplossing ''n yslike pak voorspelers. Van uitnemendheid en vernuwende denke is daar bitter min sprake. Die Azzurri ruik seker rééds Bok-bloed – iets wat nie lank gelede nie nog ondenkbaar sou gewees het.
Puntemakers: Engeland 37 (20): Drieë: Jonny May, Courtney Lawes, George Ford, Owen Farrell. Doelskoppe: Farrell (4). Strafdoele: Farrell (2), Elliot Daly.
Suid-Afrika 21 (9): Drieë: Johan Goosen, Willie le Roux. Doelskop: Ruan Combrinck. Strafdoele: Patrick Lambie (2). Skepdoel: Lambie
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie