Bronsplaat by Christuskirche se voordeur kry voete

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Nasionale Erfenisraad van Namibië was teen gister nog onbewus daarvan dat een van die bekendste geskiedkundige geboue in die land wat jaarliks deur duisende ­toeriste besoek word, vermoedelik deur skroot­metaaldiewe geplunder is.

Die bronsplaat by die ingang van die Christuskirche wat aandui dat dit 'n geproklameerde nasionale monument is, is gesteel. Dié swaar plaat is enkele dae gelede uit die sandsteenmuur regs van die kerkdeur geruk.

Dr. Andreas Vogt, kultuurhistorikus en skrywer van die boek National Monuments of Namibia, het dit bevestig.

Mnr. Jürgen Kuhanga, die beampte vir erfenisgeboue by die raad, het by navraag gesê die diefstal van die bronsplaat is nog nie onder sy aandag gebring nie.

Die inskrywing op die gedenkplaat lees: “Die hoeksteen van hierdie kerkgebou is op 11 Augustus 1907 deur Pastor Anz gelê, regeringsboumeester Gottlieb Redecker het die gebou ontwerp en oor die oprigting toesig gehou. Op 16 Oktober 1910 is dit feestelik in gebruik geneem.”

Vogt sê dié geskiedkundige kerk, wat sinoniem is met Windhoek en as een van die belangrikste argitektoniese landmerke uit die koloniale tyd beskou word, is op 29 November 1974 as nasionale monument geproklameer.

Hy sê die Namibië Instituut vir Argitekte (NIA) het in 1982 (dit was toe nog die Instituut vir Suidwes-Afrikaanse argitekte) alle geskiedkundige geboue in die land geëvalueer om hul bewaringstatus te bepaal. “Die Christuskriche het 'n punt van 98 uit 100 behaal,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...