Brons kan steeds o.20-deurbraak wees

Portugal bied Sondag die finale toets vir die 2018-span.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Ons was ons eie grootste vyande. Leer uit die nederlaag en bou voort om 'n meer volkome spanvertoning te kan lewer.

Dié aanmoediging het die uitgetrede rugbylegende en deesdae verdedigingskonsultant vir die Namibiese toetsspan, Jacques Burger, getwiet kort nadat die nasionale junior span Woensdag sy eerste nederlaag by vanjaar se Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Roemenië gely het.

Afrigter Henry Kemp se o.20's speel Sondag in Boekarest teen Portugal in die bronsfinaal van die toernooi, nadat hulle Woensdag met 41-28 deur Samoa uit die eindstryd gehou is.

“Die manne is teleurgesteld en voel hulle kon beslis beter gespeel het. Besluitneming op kritieke oomblikke het ons duur gekos en ons duikwerk man vir man was ook nie op standaard nie,” het Kemp agterna erken.

Nadat die Namibiërs rustyd nog met 18-15 voorgeloop het en kort daarna nóg 'n strafdoel bygevoeg het, het 'n reeks ongedwonge foute hul kans ­verongeluk om Samoa enduit onder druk te hou.

Die vertoning was veral teleurstellend ná die belofte wat tydens hul vroeër, oortuigende seges teen Roemenië en Hongkong getoon is. Dit is nogtans goed moontlik dat kaptein Oderich Mouton en sy maats kan regruk om Namibië se eerste brons­medalje in die geskiedenis van dié toernooi te verseker, ná nederlae in die bronsfinale van 2017 en 2016.

Portugal bied Sondag die toets om te wys waartoe die jongmanne werklik in staat is – hoewel die Europeërs se dramatiese oorwinnings teen Uruguay (26-15) en Kanada (31-29) en kompeterende nederlaag teen die gedugte Fidji (22-32) genoeg bewys is dat hulle vir geen oomblik lig geskat kan word nie.

Volgens Kemp het die Namibiërs geen nuwe beserings opgedoen nie en behoort hy uit sy volle spelersgroep sy spanlys teen Portugal te kan saamstel.

Videostroom van elke wedstryd word regstreeks op www.worldrugby.org, asook op dié beheerliggaam se YouTube-kanaal gebeeldsend. Die afskoptyd Sondag teen Portugal is om 14:00 Namibiese tyd.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A