Broner wil 'Pac-Man' droomland toe stuur
Boks
Michael Green - Adrien Broner wil die vierde bokser word wat Manny Pacquiao, alias “Pac-Man”, uitslaan.
Pacquiao, die Filippynse legende wat sy weltergewigtitel van die Wêreldboksvereniging verdedig, klim Saterdag in Las Vegas teen Broner in die kryt.
“Elke vegter is anders, maar ek weet as ek hom (Pacquiao) skoon tref, sal hy uit wees,” het Broner aan ESPN gesê.
“Dis nie 'n geheim nie. Hy is al voorheen in die kryt aan die slaap gesus.”
Pacquiao is in drie van sy sewe nederlae uitgeslaan. Die laaste keer was in 2012 toe Juan Manuel Márquez hom in die sesde ronde droomland toe gestuur het.
Die twee ander manne wat daarin kon slaag om die legendariese vegter uit te slaan, was die Thai Boonsai Sangsoerat in 1999 en die Filippyn Rustico Torrecampo in 1996.
Hoewel Pacquiao al 40 jaar oud is, dink die 29-jarige Broner nie dat die ouderdomsverskil op sigself in sy guns sal tel nie.
“Ouens soos Floyd Mayweather is nooit geklop nie, al was hy ouer as sy teenstanders,” het Broner gesê.
Sy afrigter, Kevin Cunningham, dink wel dat Pacquiao nie meer so vinnig en sekuur is as wat hy was nie.
“Hy kan soveel houe slaan as wat hy wil, maar as dit nie sy teenstander tref nie, beteken dit niks,” reken Cunningham.
“Ek kan nie sien hoe Adrien gaan verloor nie. Solank hy net nie huiwerig is nie en op die regte tyd sy houe slaan.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie