Broers sterf toe sinkuis brand
Twee seuns onderskeidelik agt en 11 jaar oud het op Maltahöhe doodgebrand in die sinkhuis waarin hulle gebly het.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke vir die Hardapstreek het die voorval Maandag omstreeks 22:00 plaasgevind. Volgens adj.komm. Eric Clay het die 8-jarige Rhyno Rickert en sy broer Mathew (11) geslaap toe die brand onstaan het. Volgens Clay het die seuns die sinkhuis met twee meisies van onderskeidelik 14 en 16 jaar gedeel wat die huis gesluit en die aand uitgegaan het. Die seuns se pa Pieter Beukes aan wie die sinkhuis behoort, werk in Bethanie. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie