Broers 'n gedugte paar op klei
Tennis
Tielman van Lill
Die broers Codie (17 jaar) en Connor van Schalkwyk (14) het vanaf verlede week tot gister by die kusdorp Kelibia in Tunisiëaan ’n graad 4-toernooi van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se o.18 Wêreldreeks op kleibane deelgeneem.
Beide die broers is van Windhoek waar hulle die afgelope jare die junior toneel gedomineer het. Die familie het hulle egter die afgelope jaar of meer by die ITF-sentrum in Marokko gebaseer om hul talent in tennis tot die maksimum te ontwikkel.
Dus was dit nie ’n groot verrassing dat die Van Schalkwyks stelselmatig hul merk elders in die wêreld begin maak nie.
Die ouer broer, Connor, het in die enkelspel tot in die kwarteindronde gevorder, voordat hy deur Inaki Montes-De La Torre van Spanje uitgeskakel is. Montes-De La Torre was ook die uiteindelike kampioen in dié afdeling.
Codie en Connor het die afgelope jaar goed as dubbelspelmaats gekombineer en dus die jawoord van die toernooikeurders ontvang. Dit is juis in die dubbelspel waar die twee Namibiërs as vierde gekeurdes hul rakette behoorlik die praatwerk laat doen het.
Vir die Van Schalkwyks was alles nie maanskyn en rose nie, maar hulle het kliphard hul pad na die eindstryd oopgeveg. In die semifinale klop hulle die tweede gekeurde Ben Brahim en Elyes Marouani van Tunisië met 6-1, 6-3.
In die finaal kom hulle teen die topgekeurde paar, Casper Christensen van Noorweë en Habib Stambouli van Tunisië, te staan. Christensen en Habib skakel hul opposisie in die semifinaal met 7-5, 6-7 en 10-7 uit, maar in die eindstryd klop die Namibiese paar hulle in twee stelle (6-4, 6-3).
Die Van Schalkwyk-broers sal vanaf vandag tot Sondag opnuut hul staal in Carthago, Tunisië, in die land se tweede o.18 ITF graad 4-toernooi toon.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie