Broekskeur, maar WP is in halfeind
Rugby
Leighton Koopman – Die Westelike Provinsie het Saterdagaand danksy ’n broekskeur-bonuspuntsege van 35-24 oor die Haaie in Durban by die agterdeur van die Curriebeker-halfeindronde ingesluip.
Vir die Kapenaars was dit egter so hittete of hulle het danksy ’n hele paar saai vertonings in vanjaar se rugbykompetisie nie die uitspeelrondes gehaal nie. Danksy die vyf punte uit dié stryd het die Streeptruie die Pumas in die vierde plek verbygesteek.
’n Halfeindstryd teen die Blou Bulle in Pretoria is nou Saterdag die Kapenaars se voorland. In die ander een sal die Haaie weer tuis teen die Griekwas speel.
Die Streeptruie was eerste uit die wegspringblokke met die Kapenaars wat hul voorneme om vier drieë te druk sommer vroeg duidelik gemaak het. Hulle het uiteindelik met vyf vyfpunters die stryd afgesluit.
Sommer binne die eerste 15 minute het die besoekers met 14-3 voorgeloop nadat die senter Dan du Plessis twee keer gaan druk het. Sy eerste drie was nadat die WP-skrumskakel, Paul de Wet, flink gedink het om van ’n skrum-strafskop vinnig te tik om Du Plessis met sy aangee oor te stuur. De Wet en die flank Deon Fourie het uitmuntend vertoon vir die WP.
Die tweede Du Plessis-drie was egter die WP se beste een van die aand met ’n teenaanval wat geloods is waarna die bal na Du Plessis versprei is en hy met ’n rolskop vorendag gekom, die bal weer opgepik en oor die doellyn gebeur het.
Dié hardlooprugby het by tye herinner aan die Streeptruie van ouds, maar ook nie heeltemal nie.
So aanskoulik soos die rugby by tye was, het die Kapenaars ook net soveel foute begaan. Hulle het veral goeie aanvallende posisies met doellose rolskoppe verspeel.
Die Haaie het aanvanklik stadig begin, maar mettertyd hul voete gevind en met hul opwindende jong span die WP se hardlooprugby met hardlooprugby van hul eie beveg. Twee drieë vir die vleuel Yaw Penxe en vyfpunters deur Phepsi Buthelezi het die WP met benoude boude gelaat.
Tog was dit die laat drieë in die tweede helfte deur die plaasvervanger-haker, JJ Kotze, en ’n onderskepdrie ná die sirene deur die vleuel Edwill van der Merwe wat die knoop deurgehaak het en die WP van ’n plek in die halfeind verseker het.
• Puntemakers:
WP 35 (14): Drieë: Dan du Plessis (2), Paul de Wet, JJ Kotze, Edwill van der Merwe. Doelskoppe: Tim Swiel (5).
Haaie 24 (17): Drieë: Yaw Penxe (2), Phepsi Buthelezi. Doelskoppe: Curwin Bosch (3). Strafdoel: Bosch.
– Netwerwerk24
FOTO
Die WP-skrumskakel, Paul de Wet, gee die bal lug in Saterdagaand se Curriebeker-wedstryd teen die Haaie in Durban. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie