Britte wil 1 000 nuwe selfoontorings in SA bou
Bloomberg – Die Britse maatskappy Helios Towers wil oor die volgende drie jaar 1 000 selfoontorings in Suid-Afrika bou.
Dié maatskappy bedryf reeds selfoontorings in Ghana, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo en sy sakemodel is gegrond op sowel die bestuur van bestaande torings as die bou van nuwes wat dan aan selfoonnetwerke verhuur word.
Suid-Afrika het tans sowat 30 000 selfoontorings, waarvan 3 000 deur onafhanklike ondernemings bestuur word.
Helios het in Januarie reeds die Suid-Afrikaanse mark betree toe hy ’n ander onafhanklike maatskappy gekoop het wat torings bestuur. Helios bestuur dus reeds 500 torings in die land en beskou dié verkryging as deel van sy plan om ’n stewige vastrapplek in ’n mark te kry wat volgens vooruitsigte die ontwikkeling van 5G-netwerke in Afrika suid van die Sahara sal lei.
Kash Pandya, uitvoerende hoof van Helios, sê die maatskappy sal ook daarna kyk om bykomende torings van plaaslike selfoonnetwerke soos MTN en Vodacom te koop.
“Terwyl die fokus op die bou van nuwe torings in die land is, het ons met die verkryging van SA Towers onlangs 500 potensiële toringpersele gekry en ons kyk na nog moontlikhede,” het Pandya aan Bloomberg gesê.
Helios gaan ’n leningsfasiliteit van $100 miljoen gebruik en beoog om in die nabye toekoms ’n tweede aanvanklike openbare aanbod bekend te stel.
Die maatskappy het ’n toename van 13% tot $46,5 miljoen in sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings vir die vierde kwartaal aangeteken. Helios het $31 miljoen minder kontant aan die einde van 2018 gehad vergeleke met die vorige jaar, met ’n totaal van $89 miljoen. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie