Brittanje wil ook na ruimte begin vlieg
Die najaag van die ontwikkeling van kommersiële vlugte na die ruimte het nou oorgespoel na die Verenigde Koninkryk.
Dié land het Maandag aangekondig sy eerste vertikale ruimtevlugsentrum gaan in die noorde van Skotland opgerig word.
Volgens die Britse ruimteagentskap is dié streek “geografies op die regte plek” om ruimtetuie van te lanseer.
Die meeste kommersiële vlugte na die ruimte vind tans vanaf die Amerikaanse deelstaat Florida en die Franse gebied Guiana in Suid-Amerika plaas.
Die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) en die Europese ruimteagentskap lanseer albei satelliete wat bestem is vir ’n geostasionêre wentelbaan vanaf Guiana, omdat dit naby aan die ewenaar is.
Die Britse regering het vroeër vanjaar $66 miljoen toegeken vir die bevordering van sy belange op die ontluikende gebied van kommersiële ruimtereise.
“Ons is daartoe verbind om ’n kommersiële mark vir toegang tot die ruimte in die Verenigde Koninkryk te ontwikkel,” het Graham Turnock, uitvoerende hoof van die land se ruimteagentskap, in ’n verklaring gesê. “Ons sal enige maatskappy bystaan wat hier wil werk.”
Die Verenigde Koninkryk vervaardig reeds bykans die helfte van klein satelliete en ongeveer ’n kwart van die wêreld se telekommunikasiesatelliete.
Sodra die nuwe ruimtevlugsentrum in werking gestel word, sal dit die Verenigde Koninkryk Europa se mees toeganklike land maak vir die bou, bekendstelling, lansering en instandhouding van satelliete. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie