Britse sport keer terug agter toe deure
Sport kan vanaf vandag agter geslote deure hervat word, het die Britse regering aangekondig.
Dié nuwe fase maak voorsiening dat sportsoorte vir die eerste keer sedert middel-Maart hervat kan word.
Die onus is op individuele sportsoorte om die risiko te bepaal en atlete en afrigters te konsulteer.
Perderenne en snoekerkompetisies sal reeds Maandag gehou word, terwyl die Engelse Premierliga se eerste sokkerwedstryde vir 17 Junie beplan word.
Die Premierliga het Saterdag gesê daar was geen positiewe toetse onder die 1 130 spelers en personeel wat Donderdag en Vrydag vir die koronavirus getoets is nie.
Sover is 12 mense positief getoets uit die 3 882 Premierliga-toetse wat gedoen is.
“Die lang wag is verby. Regstreekse Britse sport is binnekort terug in veilige en beheerde omgewings,” het Oliver Dowden, die Britse sekretaris vir kultuur, media en sport, gesê.
“Die riglyne bied ’n veilige raamwerk vir sport om te hervat agter geslote deure. Die individuele sportsoorte moet nou bevestig of hulle die protokol kan handhaaf en kan dan besluit wanneer hulle gaan begin.”
Dowden het op ’n Covid-19-nuuskonferensie gesê: “Sokker, tennis, perderenne, Formule 1, krieket, gholf, rugby en ander sportsoorte sal binnekort terug wees op ons televisieskerms.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie