Brit in hof oor moord op plaasbestuurder
Francoise Steynberg – Die Britse burger wat Saterdag na bewering vir mnr. Gerhardus van Wyk (54) op die plaas Kaross in die Kamanjab-distrik geskiet het, bly in aanhouding.
Die 51-jarige mnr. Eric Harvey het gister in die landdroshof op Outjo op ’n klag van moord verskyn en hy is nie op borgtog vrygelaat nie, het hoofinsp. Paavo Iyambo, waarnemende koördineerder vir misdaadondersoeke in die Kunenestreek, aan Republikein gesê.
Hy het gesê Harvey is gister vanaf die Outjo-staatshospitaal waar hy sedert sy inhegtenisneming onder polisiebewaking was, na die hof geneem.
“Harvey het homself na bewering tydens die voorval Saterdag omstreeks 21:00 met ’n pistool in die hand geskiet waartydens hy vir Van Wyk in die maag gewond het,” het Iyambo gesê.
“Van Wyk is Saterdagaand met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Harvey is deur die Kamanjab-polisie in hegtenis geneem en na die Outjo-staatshospitaal geneem om die skietwond aan sy hand te behandel.”
Volgens Iyambo was Van Wyk, ’n Suid-Afrikaanse burger, Harvey se plaasbestuurder en sê die voorval spruit glo uit ’n argument.
“Harvey het glo Van Wyk se skoondogter beledig, aggressief geraak en die familie met ’n pistool gedreig.
“Van Wyk het glo probeer om die vrede te bewaar, tussenbeide getree en probeer om die pistool by Harvey af te neem,” het Iyambo gesê.
Hy sê ’n skoot het afgegaan wat Van Wyk in sy maag en Harvey in sy hand getref het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie