Brit boos vir jagoperateur

‘Hy het my aangerand’

08 November 2019 | Toerisme
Francoise Steynberg - ’n Britse joernalis verbonde aan internasionale jag- en visvangtydskrifte se safari saam met ’n Namibiese jagoperateur het glo lelik skeefgeloop.

Jason Rodd (50), ’n afgetrede polisieman van Staffordshire, het Maandag ’n klag by die Namibiese polisie teen me. Rudie de Waal (45) van RDW Hunting Safaris aanhangig gemaak ná hy glo finansiële skade gely het weens ’n safari wat sy glo gereël het.

“Ek was onder die indruk sy is ’n professionele jagter en jagoperateur en ons sou die onkoste deel,” skryf Rodd in sy polisieverklaring.

“Ek het myself nooit as ’n trofeejagter of jagoperateur aan hom voorgedoen nie. Ek het net die akkommodasie vir sy vakansie bespreek,” gooi De Waal wal.

“Sy het in Augustus vir my gevra om ’n bankoordrag te doen sodat sy vooraf vir akkommodasie kan betaal. Ek het op 30 Augustus £845,47 (sowat N$16 109) na haar bankrekening oorgeplaas en sy het ontvangs erken,” skryf Rodd.

Hy het glo nooit ’n reisplan van haar ontvang soos aangevra nie.

Rodd het op 25 Oktober geland en De Waal en ’n onbekende man het hom op die lughawe ontmoet.

“Ek, sy en die man het verskeie kroeë, restaurante en die Oktoberfest besoek waar ek £250 (sowat N$4 763) aan ons almal bestee het,” lui sy verklaring.

‘ONBESPREEKTE AKKOMMODASIE’

Op 28 Oktober het Rodd by ’n Windhoekse gastehuis uitgeteken, uitgevind De Waal het glo nie vooraf betaal nie en dat hy N$2 100 moes opdok.

Hy moes glo ook vir ’n motorverhuringsmaatskappy N$13 415 betaal wat onder De Waal se naam gehuur is.

Die middag is na ’n jaglodge gereis “waar sy nie vooraf bespreek het nie, want dit was volbespreek”.

Hulle moes glo vier ure lank op grondpaaie na ’n ander jagplaas in die Ooste ry.

“Die bestuur van die jagplaas het ook geen idee gehad dat ons kom nie, en geen betaling is gemaak nie. Dit was vernederend vir my.”



Op 31 Oktober het Rodd De Waal glo oor sy onkostes en die afwesigheid van ’n reisprogram gekonfronteer.

“Ons het skriftelik ooreengekom sy sou my £2 000 (sowat N$38 107) betaal. Die atmosfeer was onaangenaam en sy en die man is terug. Sy het die huurvoertuig teruggee en ek kon nie my geld terugkry nie, want dit was in haar naam gehuur.”



Rodd, wat ook ’n spoglodge naby Omaruru sou besoek, sê De Waal het daar ook nie bespreek.

Sy het alle bewerings ontken en wil Rodd self ook aankla.

“Hy was dronk op die jagplaas en wou my aanrand omdat ons nie wou toelaat dat hy dronk gaan jag nie.”

Haar regsverteenwoordiger, mnr. Henrico von Wiellich, het gister gesê sy wil ’n klag van aanranding deur dreigement, moontlik ook naamskending, teen Rodd aanhangig maak.

“Die logistieke probleem is dat dit in die Gobabis-disrik moet gebeur omdat die jagplaas daar is.”

De Waal het gister gesê sy gaan Rodd vandag op Gobabis aankla.

Von Wiellich het bevestig De Waal het die ooreenkoms wel onderteken om Rodd terug te betaal.

NóG KLAGTE

’n Suid-Afrikaner het ook sy misnoë oor De Waal op Facebook uitgespreek: “Ek het ’n deposito van R15 000 vir ’n jagsafari in Namibië betaal, 1 650 km na ’n jagplaas gery wat sy nooit bespreek het nie en voor dooiemansdeur gekom.”

De Waal is nie ’n lid van die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) nie.

Die Namibië Toerismeraad (NTB) het bevestig RDW Hunting Safaris se registrasie as trofeejagter sonder akkommodasie het op 31 Maart verval.

Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme is De Waal nie as professionele jagter of jagoperateur geregistreer nie.

Rodd het Dinsdag by die ministerie om hulp gaan aanklop, wat hom aangeraai het om ’n klag by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aanhangig te maak.

Rodd kon nie by sy Britse nommer bereik word nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

14 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...