Brexit: Ooreenkoms met SA kom ‘binne weke’
Khulekani Magubane – Suid-Afrika en Brittanje sal hopelik teen die eerste week in Maart ’n handelsooreenkoms sluit wat ná Brexit van toepassing sal wees.
Lionel October, direkteur-generaal van die departement van handel en nywerheid, het Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid gesê dr. Rob Davies, die minister, werk so hard as moontlik hieraan saam met sy Britse eweknie, George Hollingbery.
Brittanje verlaat die Europese Unie op 29 Maart. Theresa May, premier van Brittanje, is teen die toue omdat die Britse parlement die een na die ander ooreenkoms wat sy beding het, verwerp. – Fin24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie