Brendan nou by Bokke – maar sonder 'n kontrak
Rugby
Cobus Claassen
Die Springbokke het 'n nuwe verdedigingsghoeroe. Brendan Venter, die voormalige Bok-senter, het gister as 'n konsultant by die Bokke aangesluit in Stellenbosch, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bevestig.
Die 47-jarige Venter neem die portefeulje van verdediging oor wat verlede jaar in die eerste seisoen onder die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, deur Chean Roux en op die jaareindtoer deur JP Ferreira behartig is.
Daar is nie 'n kontrak met Venter gesluit nie.
“Die fokus is nou vir eers op die Franse toetsreeks (in Junie).
“Dit is die enigste prioriteit en my situasie sal daarna geëvalueer word,” het Venter gesê.
Swak verdediging was in 2016 een van die Springbokke se talle leemtes.
Venter sal 'n leidende rol speel op die tweede nasionale oefenkamp van die jaar, wat tot môre in Stellenbosch gehou word.
Hy het Italië tot onlangs in die Sesnasies-reeks as 'n konsultant bygestaan.
Die Azzurri het in Februarie opslae gemaak met die slim taktiek waarmee hulle die Engelse op Twickenham onkant betrap het.
Die Italiaanse afrigter, Conor O'Shea, het onthul dat dit Venter was wat met die plan vorendag gekom het.
Clive Woodward, 'n voormalige afrigter van Engeland en Wêreldbeker-wenner in 2003, het dit agterna as briljante “guerrilla-oorlogvoering” beskryf.
Coetzee is in sy noppies om Venter se deugde te bekom.
“Ons kom al 'n lang pad sedert ons dae by die Stormers en ons deel dieselfde waardes.
“Hy sal verantwoordelik wees vir die verdediging en die span se vermoë om uit druksituasies te kom.
“Brendan is passievol oor Springbok-rugby en wil help om die situasie om te draai.
“Hy was al verlede seisoen deel van my planne, maar was ongelukkig nie beskikbaar nie vanweë ander verpligtinge,” sê Coetzee.
Saru sê in 'n verklaring die aankondiging is uit respek vir Italië se deelname aan die Sesnasies-reeks op die langebaan geplaas, maar daar is reeds vroeë beplanning agter die skerms gedoen.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie