Breedt palm talle grotes in
Breedt palm talle grotes in

Breedt palm talle grotes in

Altesaam agt Simbra-telers het vanjaar met hul diere geskou.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Waar die Simbras verlede jaar drie goue dekades met 'n nasionale kampioenskap gevier het, was 2018 net 'n “normale” skoujaar vir dié ras.

Nietemin is dit die ras met die ­tweede meeste inskrywings by vanjaar se Windhoek Skou. Waar die ­Brahmane 193 diere ingeskryf het, is 90 diere deur agt Simbra-telers geskou.

Hannes Breedt van Grootfontein se Rumba-stoet het onder andere die senior- en raskampioenbul én -koei opgelewer. Só ook die kalfkampioenbul en -vers.

Diethelm en Nikolai Metzger se Kamab-stoet het die juniorkampioen- en reserwe raskampioenkoei, reserwe ­juniorkampioenbul en reserwe senior­kampioenkoei opgelewer.

Die vorige twee skoujare was hoof­gtepunte vir die Metzgers wie se bul, Kookaburra, beide jare as die Windhoek Skou se Kampioen van Kam­pioene gekroon is.

(Sien die uitslae op bl. 4 - 7.)

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer