Brasilië se beleërde Rousseff in staat van beskuldiging gestel
Senaat stem oorweldigend teen geskorste president
Met die oë van die wêreld op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, het senatore in die Brisiliaanse hoofstad Brasilia, gister met 59 stemme teen 21 teen die geskorste linkse leier, Dilma Rousseff gestem, in ’n 20-uur lange sessie waarvan hoofregter Ricardo Lewandowski die voorsitter was.
’n Skuldigbevinding sal beslis daartoe lei dat Rousseff van haar pos onthef word en ’n einde aan die 13-jaar lange bewind van haar regerende Werkersparty maak. Dit sal meebring dat die tussentydse president, Michel Temer, die res van haar termyn tot 2018 sal volstaan.
Rousseff se teenstanders het net ’n eenvoudige meerderheid in die 81-setel senaat nodig gehad om haar te laat verhoor vir manipulering van regeringsrekeninge en besteding sonder goedkeuring van die kongres, wat hulle aanvoer haar gehelp het om in 2014 herkies te word.
’n Uitspraak word teen die einde van die maand verwag en sal ’n tweederdemeerderheid in die senaat verg om Rousseff skuldig te bevind. Dit is vyf stemme minder as wat haar opponente gister kon bemeester.
Woensdag se stemmery toon dat die beweging om van Rousseff ontslae te raak, steun in die senaat gewen het, wat in Mei met 55 stemme teen 22 gestem het om met beskuldigingsprosedures te begin, wat in Desember 2015 in die laerhuis geïnisieer is.
Dit sal Temer se hand versterk terwyl hy streef om sy eie legitimiteit te vestig en Brasilië polities te stabiliseer.
Die heersende onsekerheid het sy pogings in die wiele gery om die fiskale krisis, wat hy van Rousseff geërf het, aan bande te lê. Waarnemers waarsku dat die ekonomie oënskynlik op pad is na die ergste resessie sedert die 1930’s.
Temer, Rousseff se konserwatiewe voormalige visepresident, wat die mag in Mei oorgeneem het, het senatore aangemoedig om die verhoor so vinnig moontlik af te handel sodat hy planne in werking kan stel om openbare besteding aan bande te lê, ’n oortoegeeflike pensioenskema kan hervorm en vertroue in die regering se finansies kan herstel.
Beleggers verwag dat indien Rousseff met die meer sakevriendelike Temer vervang word, dit Brasilië se wisselkoers sal verstewig en aandelepryse op die Sao Paulo-aandelebeurs sal opjaag.
Rousseff het ontken dat sy enige iets verkeerd gedoen het en skryf haar beskuldiging toe aan ’n regse sameswering wat ’n tegniese boekhouding-slenter gebruik het om haar onwettig uit die kussings te lig. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie