Brandstofpryse styg wéér

29 June 2018 | Energie
Ronelle Rademeyer - Vir alle Namibiërs buiten Walvisbaaiers is die prystier terug in die tenk en styg brandstof se pryse eerskomende Woensdag in die vroeë oggendure met tussen 10 en 20 sent per liter.
Die rede waarom die prys van petrol en diesel op Walvisbaai onveranderd bly, is dat die Nasionale Energiefonds die onderverhaling in die prys van brandstof in Julie gaan subsideer. Die prysverhoging binnelands en op Ondangwa is die gevolg van ’n opwaartse aanpassing in TransNamib se grootmaat brandstofvervoerprys van 10 sent per liter wat op 4 Julie in werking tree. Dit is in 2015 laas verhoog.
Mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie, sê in ’n verklaring oliemaatskappy het in Junie meer betaal om brandstof in te voer as wat dit by die pomp gekos het. Dit het tot ’n aansienlike onderverhaling gelei.
Hy sê die ministerie neem egter die moeilike ekonomiese tye in ag, asook die feit dat die olieprys die hoeksteen van die globale ekonomie is en baie ander pryse beïnvloed.
Alweendo sê om hierdie rede gaan die onderverhaling uit die Nasionale Energiefonds gesubsideer word.
Die internasionale olieprys het in Junie bo US$85 per vat bly vassteek. Daarbenewens het die wisselkoers ook versleg.
Die prys van petrol op Ondangwa en ander naasliggende dorpe, styg met 20 sent per liter en diesel (alle grade) met 19 sent per liter.
Elders in die land sal beide petrol en diesel met 10 c per liter styg – die verhoging wat deur die duurder spoorvrag teweeggebring word.
Die rede waarom brandstof op Ondangwa en die dorpe wat van daardie depots af voorsien word, duurder kos, is dat die spoorvrag daarheen duurder is as na nadergeleë plekke in die land.

Soortgelyk

 

Lugvaart onder vergrootglas

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die internasionale lugvaartwêreld se oë is op Namibië om te sien of hy tydens die universele veiligheidsouditprogram (Usap) van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie...

Einde van die pad vir 500ppm diesel

13 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Die uitfasering van 500ppm diesel begin op 23 November.Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sal op dié dag ...

Piepklein en waardevol

13 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause Beeskloutjies is unieke plante wat net in die woestyn- en semi-woestyngebiede van westelike en suidelike Namibië en noordelike Suid-Afrika voorkom. By die Alte...

Pragkerk vol bierbottels

13 ure gelede | Infrastruktuur

Tanja Bause Op 'n koppie op die plaas Helme­ringhausen staan 'n kerkie wat met bierbottels gebou is. Die droom van dié kerk het sowat twee...

Weer vir 19 November 2018

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele donderbuie op plekke.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met miskolle aanvanklik.GETYE BY WALVISBAAI: L...

53 renosters al vanjaar gestroop

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg -'n Onthoringde renoster is in die Suide gestroop en nog een is gekwes.Nadat dié renosterkarkas verlede naweek in die Hardapstreek gevind is, bring...

Grootfontein ontken wanbesteding

13 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Grootfontein se geldsake was onlangs onder die vergrootglas toe Namibië se ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, sy kantoor se verslag oor dié dorp...

Noordweste se aardbewings 'n raaisel

13 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghSedert Maart vanjaar het vyf beduidende aardbewings in die Anker-gebied in die noordweste­ van die land voorgekom - almal het tussen 4,1 en...

Stille getuies van ’n vergange era

13 ure gelede | Toerisme

Tanja Bause – Op die plase Sandvirhaar en Simplon in die suide van die land staan twee kalkoonde wat meer as ’n eeu oud is....