Brandstofpryse styg weer volgende week
            
                                                            Die pryse van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 30 en 40 sent per liter.
Die aankondiging is Donderdag deur die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, gemaak.
Die styging word deur 'n onderverhaling in dié brandstowwe se pryse in Januarie genoodsaak.
Volgens die minister sal die regering deur die Nasionale Energiefonds (NEF) meer as N$67 miljoen betaal ten einde nie die volledige onderverhaling aan die verbruiker deur te gee nie.
Die nuwe pryse tree een minuut ná middernag op 2 Februarie in werking.
Foto: Argief
                                    
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie