Brandstofpryse styg nie om boere, verbruikers te help
Ondanks ’n onderverhaling in die prys van brandstof in Desember, het die regering besluit om nie petrol en diesel se pryse opwaarts aan te pas nie om boere en verbruikers midde-in die sukkelende ekonomie tegemoet te kom.
Mnr. Andreas Simon, woordvoerder van ministerie van myne en energie, sê die plantseisoen is op hande en diesel is een van die petroleumprodukte wat op groot skaal in die landboubedryf gebruik word.
Verder ly die ekonomie steeds onder Covid-19 en die regering wil nie ‘n bykomende las op verbruikers plaas nie, sê hy.
Die onderverhaling in die prys van petrol het in Desember bykans 26 sent per liter beloop en vir diesel was dit digby 49 sent per liter.
Petrol het in Desember US$51,82 per vat gekos, vergeleke US$44,15 in November. Diesel se prys per vat was US$53,53 teenoor die US$44,79 per vat in November.
Wat die wisselkoers betref, het die Namibiese dollar in Desember met 58 sent teenoor die Amerikaanse dollar verstewig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie