Brandstofpryse op
Petrol en diesel in Namibië word op 6 September 30c per liter duurder, het die ministerie van myne en energie aangekondig. Dit volg ná onderverhalings van tussen bykans 44,5c/l en 48,5c/l op petrol en diesel in Augustus. Die nuwe brandstofpryse op Walvisbaai sal wees: Petrol N$10,80/l, diesel 500ppm N$10,63/l en diesel 50ppm N$10,68/l. Hier vul mnr. Paulus Elia ’n tenk teen die ou brandstofprys. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie